Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Gevangenisse Ontsnap uit Hofselle

Posted on November 24, 2025November 24, 2025 By The Editor
Headline

Kaapstad:- In net een maand het tien verdagtes uit aanhoudingselle by howe regoor die Wes-Kaap ontsnap, ’n skokkende patroon wat ernstige vrae laat ontstaan oor veiligheid en sekuriteit in die provinsie.

Die jongste voorval het by die Bellville Landdroshof plaasgevind, waar ’n 17-jarige voor sy hofverskyning op 19 November uit polisiebeheer geglip het.  Die tiener is dae later in Durbanville weer vasgetrek.

Polisie woordvoerder Wesley Twigg het bevestig dat ’n saak van ontsnapping uit wettige aanhoudinge  ondersoek word. “Die omstandighede rondom die voorval word steeds ondersoek, en die polisie volg alle leidrade op,” het Twigg gesê.

Die Bellville – voorval volg skaars weke nadat ses hof besoekers tussen 21 en 34 jaar uit die Wynberg Landdroshof se selle ontsnap het.  Die groep, onder andere Linda Soyeza, Mphumeleli Lufutha, Ismail George en Tawfeeq Damon, het ernstige aanklagte in die gesig gestaar,  insluitend onwettige vuurwapen besit en huisbraak. Slegs ’n week ná Wynberg het nog drie verdagtes uit die Strand Landdroshof padgegee: Denver Pietersen (34), Glenville Jantjies (22) en Rastum Alfestus (25).

Intussen het die Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste ’n streng waarskuwing gerig nadat hulle ’n verslag van die Pollsmoor-bestuur ontvang het.  Dit volg op ’n gewelddadige voorval in die gevangenis waarin drie gevangenes gesterf en twee beamptes beseer is.  Tydens hul besoek het die komitee gevind dat basiese veiligheidsmaatreëls soos CCTV-kamere en paniekknoppies ontbreek by die afdeling vir aangehoudenes wat nog op verhoor wag.

“Sou hierdie stelsels bestaan het, sou die voorval waarskynlik nooit gebeur het nie,” het komiteeleier Kgomotso Ramolobeng gesê. Hoewel die ondersoek na die Pollsmoor-voorval glo 90% voltooi is, bly die komitee krities oor verduidelikings van tegniese foute soos biometriese toestelle en vingerafdrukstelsels sonder ink.

Die komitee het ook die moontlikheid van korrupsie onder korrektiewe beamptes uitgelig en dring daarop aan dat alle vakatures gevul word en dat streng dissipline toegepas word.

Kommentare van gemeenskapslede op sosiale media..

“As tien mense binne ’n maand kan ontsnap, is iets ernstig verkeerd.  Ons kan nie meer net die skuld op tegnologie plaas nie.” “Ons hofkomplekse is nie meer veilig nie.

Die publiek het beter beskerming nodig en die beamptes ook.”

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Schoolboy Dies After Tragic Accident
Next Post: Former SARS Employee & Tax Practitioner Jailed for Vat Fraud ❯

You may also like

Headline
Vermeende Verkragters se Borgtog Aansoek Uitgestel
February 25, 2025
Headline
While Children Die
July 6, 2025
Headline
United for Change – Samekoms van Gelykes
October 6, 2025
Headline
Cape Flats Bleeding
May 24, 2025

Recent Posts

  • Suspected smash-and-grab criminal shot and killed
  • Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie
  • Voorval op plaas naby Vredendal
  • Unlawful Farm Evictions Continue in Van Rhynsdorp – Police Once Again Refuse to Act
  • Easter is Almost Here

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown