1077 Lede Gereed vir Aksie
CCN Redakteur – George April
Kaapstad:- Met die begin van 2026 het verskeie eenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) in die Wes-Kaap vandag op parade by 35 Eskadron saamgetrek om voor te berei vir ’n groot hoë-risiko operasie.
Die parade bestaan uit 1077 lede uit diverse gespesialiseerde eenhede, insluitend die Tactical Response Team, Public Order Police, Anti-Gang Unit, Crime Intelligence, K9 Unit, Flying Squad en die National Intervention Unit. Al hierdie eenhede is ten volle operasioneel gereed.
Die operasie is gemik op kriminele warmkolle regoor Kaapstad, wat berug is vir bende-aktiwiteite, geweergeweld, dwelshandel en onwettige drankverkooppunte.
Die spanne sal uitswaai om hul onderskeie take uit te voer, soos stop-en-soek-aksies, hoë-digtheid voetpatrollies, opsporing van verdagtes, gevegteen bende-aktiwiteite, en operasies teen onwettige drank.
Die beoogde uitkoms van hierdie operasie is om onwettige vuurwapens in beslag te neem, bende-verwante moorde te bekamp, veiligheid in gemeenskappe te herstel en oortreders voor die gereg te bring.
Die SAPS doen ’n beroep op die publiek om inligting oor kriminele aktiwiteite aan te meld by hul naaste polisiekantoor of anoniem by Stop Misdaad op 08600 10111.
#MoreBootsOnTheGround #PoliceVisibility


