Vuurwapen en dwelms van die strate af
Kaapstad:- Op Woensdag, 28 Januarie 2026, het lede van #OperationShanela2 ‘n huis in Salmander Square, Factreton, deursoek.
Tydens die soektog is ‘n 9 mm-pistool sonder ‘n reeksnommer en 15 patrone ammunisie gevind. ‘n 31-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie.
Intussen het lede van Kensington SAPS opvolgwerk gedoen op inligting oor ‘n verdagte wat glo betrokke was by onlangse skietvoorvalle in die Kensington-omgewing. Hulle het ‘n adres in Lugmag Avenue, Factreton, besoek. By die ingang van die perseel is ‘n 38-jarige man gevind en deursoek. In sy besit is vyf patrone ammunisie, ses sakkies tik, vyf Mandrax-tablette en ‘n halwe Mandrax-tablet aangetref. Die verdagte is in hegtenis geneem vir besit van dwelms en ammunisie.
Beide verdagtes sal vandag, Vrydag 30 Januarie 2026, in die Kaapstadse Landdroshof verskyn om hulle onderskeie aanklagte te beantwoord.
Die SAPS bly vasbeslote om misdaad te beveg en gevaarlike items van ons strate af te haal.
#fightingcrime #drugsoffthestreets #gunsoffthestreets #OperationShanela2
(Bron: SAPS / https://www.saps.gov.za/newsroom/msspeechdetail.php…)


