Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Voorval op plaas naby Vredendal

Posted on April 1, 2026April 1, 2026 By The Editor
Headline

Familie bevraagteken weergawe van 33-jarige Francois Stout se dood – Polisie bevestig inquest, maar weier verdere inligting

CCN Verslaggewer – George April

Vredendal:-  Cape Coast News (CCNews Online) het betroubare inligting ontvang oor die dood van die 38-jarige Francois Stout,  wat  Maandag  op ’n plaas in die Vredendal-distrik (plaasnaam word weerhou op versoek) plaasgevind het.Volgens ooggetuies, insluitend ’n 11-jarige seun en werkers wat hout staan en maak het, het die voorval só afgespeel:

Die 11-jarige seun het drie mans in die stoor opgemerk en wou gaan kyk, ondanks sy pa se waarskuwing. Kort daarna het die drie mans hardlopend uit die stoor gekom.  Om die hoek het getuies gesien hoe die boer met Francois Stout stoei.  Hulle beweer die boer het Stout gewurg totdat hy op sy knieë neergesak het, waarna die boer langs hom gaan sit het.

Daarna het ’n bakkie op die plaas  opgedaag.  Die boer het met die insittende gepraat, en die bakkie het weer vinnig vertrek.  Die voorval is blykbaar eers later daardie Maandag-aand aangemeld, toe niemand meer in sig was nie.

Die boer en sy getuie beweer egter dat Stout per ongeluk deur die dak van die stoor geval het.  Die familie van die oorledene bevraagteken hierdie weergawe sterk en glo dit stem nie ooreen met die ooggetuie-verslae nie.

Verklarings, insluitend dié van die ooggetuies, is op Woensdag 1 April 2026 by die polisie afgelê.

Cape Coast News het die SAPS (Van Rhynsdorp en Vredendal)  ’n formele media-navraag gestuur. Kaptein T. Helfrich, Weskus-distrikskommunikasie- en diensklagte-koördineerder, het as volg geantwoord:

“At this stage,  Vredendal is investigating an inquest case after the death of Francois Stout.  No further information will be revealed till the post mortem report is finalized, the investigation into this matter continues.”

Die polisie bevestig dus dat dit as ’n ‘inquest-dossier” (doodsonderzoek) ondersoek word,  maar weier om enige verdere besonderhede bekend te maak totdat die nadoodse verslag afgehandel is.

Agtergrond van deursigtigheid

Hierdie gebrek aan gedetailleerde terugvoer kom te midde van CCNews Online se vorige werk, waarin ons onakkurate en vals beriggewing deur ’n ander Weskus-aanlynnuusblad oopgevlek het, insluitend vals beskuldigings teen wyle Bjorn Witbooi in betrokke media.

Die familie van Francois Stout soek antwoorde en geregtigheid,  terwyl teenstrydige weergawes spanning in die plaaslike gemeenskap veroorsaak.  Ooggetuies se verklarings verskil aansienlik van die boer se beweerde weergawe van ’n val deur die dak.

CCNews Online sal die saak noukeurig opvolg, sodra die nadoodse verslag beskikbaar word of wanneer die polisie verdere inligting vrystel.  Ons doen ’n beroep op enigiemand met addisionele inligting om vertroulik met ons in verbinding te tree.

*Cape Coast News Online”
Redakteur / Joernalis
E-pos: editor@ccnews.co.za
Sel: 067 074 5040

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Unlawful Farm Evictions Continue in Van Rhynsdorp – Police Once Again Refuse to Act
Next Post: Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie ❯

You may also like

Headline
Kerkman Kry 4 Lewenslange Vonnisse
September 3, 2025
Headline
Legal Battle Over Matzikama Municipal Council Far From Over
June 30, 2025
Headline
Easter Weekend – CrimeSurgeAhead
April 17, 2025
Headline
Repeat Offender – Sentenced 22 Years
March 28, 2025

Recent Posts

  • Suspected smash-and-grab criminal shot and killed
  • Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie
  • Voorval op plaas naby Vredendal
  • Unlawful Farm Evictions Continue in Van Rhynsdorp – Police Once Again Refuse to Act
  • Easter is Almost Here

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown