Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


50 JAAR VAN KRIEKETTROTS

Posted on February 6, 2025February 6, 2025 By The Editor
Sport

HOPEFIELD WANDERERS KRIEKETKLUB: – VERDIEN HULLE ERKENNING?

 Vanjaar vier Hopefield Wanderers Krieketklub ‘n buitengewone mylpaal – 50 jaar van sport en trots vir die gemeenskap.  In enige dorp of stad is ‘n sportklub se geskiedenis nie net ‘n storie oor wedstryde en oorwinnings nie, maar ‘n getuienis van samewerking, toewyding en gemeenskapsgees. Die vraag is: sal hierdie mylpaal erken word?

VAN GRONDPAAIE TOT KRIEKETGLORIE

Dit was in 1975 dat ‘n groep jong mans op Hopefield se grond- en gruispaaie krieket begin speel het. Met beperkte hulpbronne, maar ‘n groot passie vir die spel, het hulle besluit om ‘n klub te stig— ‘n klub wat vandag, ‘n halfeeu later, steeds staan. Die naam “Wanderers” was geen toeval nie.  Destyds was krieket in Suid-Afrika gedomineer deur groot name uit Transvaal, en die Wanderers Krieketstadion in Johannesburg was die toonbeeld van krieketgrootsheid.  Dit het die jong Hopefielders geïnspireer om hul eie pad te stap en ‘n klub te bou wat nie net ‘n naam sou dra nie, maar ‘n nalatenskap sou skep.

‘N KLUB WAT SY MERK GELAAT HET

Aanvanklik was Hopefield Wanderers ‘n Cinderella-klub, ‘n span wat nie groot erkenning gekry het nie. Maar dit het gou verander, en daarna was Wanderers vir sewe jaar die voorste krieketklub in die Weskus Krieketliga kompetisie. ‘N prestasie wat geen ander klub maklik kon oortref nie. Die spelers het enorme opofferings gemaak om hul span aan die gang te hou. Wanneer toerusting nodig was, het die manne Vrydag-aande per trein na Kaapstad gereis—nie vir ontspanning nie, maar om krieketballe, kolfhout en toerusting aan te koop.  Dit is die soort toewyding wat Hopefield Wanderers laat floreer het.

DIE LEGENDES WAT NIE VERGEET MOET WORD NIE

 Oor die jare het groot name by die klub verbygegaan, sommige wat ons nou moet eer as deel van hierdie 50-jarige viering:

Charl Johnson

Ronnie Louw

Hannie Carolus

Nico Louw – ‘n vurig toegewyde klubman, wat 15 jaar lank as voorsitter gedien het, en ook die geskiedenis van die klub op skrif geplaas het as ‘n vryskutverslaggewer.

Nog steeds in ons midde is manne soos Freddie Papier, Gabba Papier, Rual Makka, Willem Esau en Trevor Louw—lewende getuienisse van die klub se ryk geskiedenis.

 WAAROM IS ‘N KLUB SE ERFENIS BELANGRIK?

 Sportklubs is nie net oor wen of verloor nie, hulle is ook die hartklop van ‘n gemeenskap.  ‘N 50-jarige bestaan is ‘n merkwaardige mylpaal wat herinneringe bring,  geskiedenis vier en nuwe generasies inspireer.

Hopefield Wanderers se naam was eens sinoniem met krieketgrootsheid in die streek.

SAL HIERDIE NALATENSKAP ERKEN WORD IN SY GEMEENSKAP?

 Cape Coast News sal voortgaan om hierdie storie te volg en te rapporteer oor hoe Hopefield Wanderers se goue mylpaal (hopelik) gevier gaan word.

“VERSKONING”

Cape Coast News is nou al ‘n week op die lug, maar ongelukkig het die eerste storie op hierdie platform ‘n valse inligting versprei, wat die verkeerde boodskap oorgedra het. Die artikel het beweer dat die Hopefield Rugbyklub deel gaan wees van die Saldanhabaai Paarfees Toernooi. Ek wil graag in alle erns verklaar dat dit nie die geval is nie.

Hierdie foute is nie iets wat ek ligsinnig opneem nie, en ek vra omverskoning vir die verwarring wat dit mag veroorsaak het. Ek het al meer as 30 jaar as vryskutverslaggewer gewerk, en vir verskeie media platforms geskryf, maar dit is die eerste keer in my loopbaan dat ek so ‘n verskoning moet maak vir verkeerde beriggewing.”

Ek belowe om daaraan te werk om sulke foute in die toekoms te voorkom, en ek waardeer die geduld van ons lesers terwyl ek hierdie saak regstel.

Ek sal sorg dat alle inligting in die toekoms deeglik nagegaan word, om die integriteit van Cape Coast News te verseker.

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Pastor Accused of Sexual Abuse
Next Post: Sassa Gold Cards Expiring Soon ❯

You may also like

Sport
Manie Libbok Set to Begin New Chapter in Japan
October 12, 2025
Sport
Griekwas skryf geskiedenis met Curriebeker-triomf
September 22, 2025
Sport
Athletic Success
April 6, 2025
Sport
Elgan De Wet – SA Champion
March 23, 2025

Recent Posts

  • Suspected smash-and-grab criminal shot and killed
  • Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie
  • Voorval op plaas naby Vredendal
  • Unlawful Farm Evictions Continue in Van Rhynsdorp – Police Once Again Refuse to Act
  • Easter is Almost Here

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown