Stanford:- Vrydagnag 22:00 was daar ‘n plaasaanval op die plaas Wortelgat by Stanford.
‘N man en vrou is daar beroof deur 3 rowers met handskoene en klapmusse. Die rowers het messe gehad en is die man aangeval en in sy bene gesteek. Hulle is in bebloede kamer vasgebind gelos na rekenaars en juwele en selfone geroof was. Die man het later losgekom en alarm maak. Stanford Sekuriteit, APS Sekuriteit en SAPD Stanford het reageer.
Om 05:30 gewaar HPP/Hermanus SRA Beheer eers twee verdagtes in Bergweg Hermanus, wat in bosse verdwyn aan berg kant.
HPP patroleerders, HNHW reageer. Afriforum Alfa Buurtwag homeltuig vleuel word ingeroep en binne 10min word een verdagte opgespoor deur die homeltuig vlienier en word hy deur die patroleerders in hegtenis geneem.
SAPD Overberg distrik gesamentlike operasie sentrum laat weet Stanford SAPD speurtak dat die verdagtes moontlik hulle rowers mag wees wat gesoek word. Verdere ondersoek volg en word die verdagte wat gearesteer was positief tot die roof verbind en aangekla voor 12:00 Saterdag. Uitsekende werk.
Verskeie ander leidrade en sake word ook ondersoek deur SAPD speurtakke tans.
Ons bedank alle rolspelers, SAPD al die vertakkings en veral ook die Stanford SAPD speurtak onder lyding van AO Payn vir sy werk en entoesiasme om die saak spoedig op te los.
Afriforum Overstrand gemeenskap Veiligheid
https://www.facebook.com/share/p/1HsX4b44JQ/



