Eskom waarsku oor hoë risiko van beurtkrag ná ses krag eenhede buite werking gestel is.
Kaapstad:- Eskom het ‘n dringende waarskuwing uitgereik oor ‘n verhoogde risiko van beurtkrag weens verskeie kragopwekkingseenhede wat in die afgelope 12 uur onklaar geraak het.
Ses eenhede is buite werking gestel, wat ernstige druk op die elektrisiteitsnetwerk plaas en Eskom dwing om noodreserwes te gebruik.
Indien ‘n verdere 800MW verlore gaan, sal Eskom gedwing word om op kort kennisgewing Fase 2-beurtkrag in te stel. Die kragvoorsiener is tans besig met pogings om sewe krageenhede teen die aand se spitsverbruik of teen Dinsdagaand weer in werking te stel.
Eskom se tegniese spanne hou die situasie fyn dop en verdere opdaterings sal teen 22:00 of vroeër verskaf word, indien nodig.
Uitgereik deur: Eskom Media-afdeling
E-pos: mediadesk@eskom.co.za