Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens

Posted on October 9, 2025 By The Editor
Community

In Bishop Lavis en Ravensmead

 Deur CCN Nuusverslaggewer

Kaapstad:- Polisiebeamptes van die Public Order Police (POP) wat in die Bishop Lavis-omgewing ontplooi is om bendeverwante skietvoorvalle te bekamp, het Woensdag vroegoggend ‘n verdagte in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen.Volgens inligting was lede besig met ‘n stop-en-deursoek-operasie in Bonteheuwel, toe hulle twee mans op die pad opmerk. By die sien van die polisievoertuie het die mans probeer vlug. Beamptes het egter vinnig opgetree en tydens die deursoeking is een van die verdagtes met ‘n .38 Special-rewolwer betrap, terwyl die ander vyf patrone by hom gehad het.

Beide verdagtes staar aanklagte van onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie in die gesig.

In ‘n afsonderlike voorval het lede van die Anti-Gang Unit twee persele in Eureka Estate, Ravensmead, deursoek.  Tydens dié operasie is ‘n .38 Special-rewolwer sonder ‘n reeksnommer met vier patrone, asook ‘n 9mm-pistool sonder ‘n reeksnommer met tien patrone, op die onderskeie persele gevind. Twee volwasse mans is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Al die verdagtes sal binnekort in die landdroshowe van Bishop Lavis en Goodwood verskyn sodra hulle formeel aangekla is. Die Wes-Kaapse polisie het hul voorneme herhaal om vuurwapens van die strate te hou en om voort te gaan met gestruktureerde operasies teen bendeverwante misdaad.

 #gunsoffthestreets

(Bron: SAPS)

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Community Tension Rises after Double Murder
Next Post: Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi ❯

You may also like

Community
 “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!
October 9, 2025
Community
From Shackles to Second Changes
April 13, 2025
Community
Cape Winelands Fire Update.
February 20, 2025
Community
Weskus Kollege Nuus – Belangrike Aankondiging vir Studente
May 29, 2025

Recent Posts

  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home
  • Fadiel Adams se borgaansoek uitgestel tot Vrydag

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown