Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Citrusdal – Twede borgtog verrigtinge hervat Woensdag

Posted on November 19, 2025November 19, 2025 By The Editor
Community

Besigheidseienaar van Citrusdal staan tereg op ernstige seksmisdryf klagte.

CCN NUUS

CITRUSDAL:- ’n Bekende besigheidseienaar en bestuurder by Astron Energy op die N7 staan tereg op twee klagte van seksuele aanranding en een klagte van kinderverleiding, nadat hy na bewering ’n 12-jarige meisiekind in sy sorg geneem het en haar seksueel uitgebuit het.Die saak het Dinsdag 19 November 2025 in die Citrusdal-landdroshof voortgegaan, waar die beskuldigde se borgtogaansoek aangehoor is.  Die staat en gemeenskap leiers het sterk teen sy vrylating beswaar gemaak, terwyl ’n groep inwoners ’n petisie ingedien het om sy borgtog te ondersteun.

Agtergrond van die klagtes

Volgens die staat het die beskuldigde die meisiekind, ’n 12-jarige van Citrusdal  na sy woning genooi onder die voorwendsel dat hy haar met haar skoolwerk sou help.  Die kind het vanaf September 2023 tot vroeër vanjaar gereeld by hom gebly.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA) het bevestig dat die klagtes ernstige seksuele oortredings behels, insluitend dat die man vir die kind vibrators en ander items gekoop het.  Die meisiekind het uiteindelik die items gesteel en vir haar ma gewys, wat die onthulling tot die opening van ’n saak gelei het.

Volgens haar ma het die dogter later ’n boodskap gestuur waarin sy gesmeek het om huis toe te kom,  omdat sy “dit nie meer kon vat nie” en dat sy aan selfdood gedink het. D ie kind het uiteindelik na bewering by ’n profeet oopgemaak oor wat gebeur het.

Verrigtinge in die Hof

Dinsdag het ’n kaptein van die Family Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit (FCS) getuig. Volgens sy getuienis:

  • Twee addisionele klagtes,  crimen injuria en ’n beweerde aanrandingsaak    is reeds in Januarie deur werkers teen die beskuldigde gelê, maar is eers onlangs amptelik geregistreer.
  • Die beskuldigde het glo die seksuele dade in sy slaapkamer en sitkamer gepleeg.
  • Die staat het skermskote van selfoonboodskappe as bewyse, maar die hof moet nog besluit of hierdie bewyse formeel toegelaat sal word.
  • Die beskuldigde se verdediging het aangevoer dat hy nie in hegtenis kan bly nie omdat sy besigheid, sy werkers én sy outistiese seun,  vir wie net hy na bewering kan sorg,  daaronder ly.

Gemeenskap verdeel – Sterk teenstand teen Borg

Gemeenskapsleiers en aktiviste was Dinsdag in die hof en het hul teenkanting teen die beskuldigde se vrylating uitgespreek.

Johanna Filander, voorsitter van die Matzikama Farmworkers-Dwellers Forum, het ry al die pad vanaf Van Rhynsdorp om die kind en familie te ondersteun.

“Werkers is eintlik bang om te praat, omdat hulle hul werk en huis kan verloor, maar die waarheid moet sëevier.”  Sulke oortreders moet gestop word, want ons jeug lei daaronder, en moet stilbly ter wille van hulle ouers. Dit kan nie toegelaat word nie, het Filander gesê;

Intussen het ondersteuners van die beskuldigde ’n petisie ingedien waarin hulle vra dat hy borg kry, met die argument dat hy ’n “gemeenskapsmens” is en dat sy besigheid en werknemers skade ly.

Die borgtogaansoek hervat more, wanneer Billy Claassen na verwagting sal getuig, nadat bewerings ontstaan het dat hy werkers glo aangemoedig het om sake teen die beskuldigde te open.

Die saak bly ’n hoogs sensitiewe en verdeelde kwessie in Citrusdal, en aangesien die saak voor die hof is, mag die meriete van die bewerings nog nie volledig bespreek word nie.

Gemeenskapsheldin werk sonder vergoeding – CCN doen beroep op ondersteuning

Cape Coast News het met skok verneem dat Johanna Filander, voorsitter van die Matzikama Farmworkers-Dwellers Forum,  al haar werk volledig vrywillig verrig.

Filander, is al jare lank bekend vir haar onvermoeide diens aan plaaswerkers én gemeenskappe in die dorpe, dikwels in baie moeilike omstandighede. In ’n telefoniese onderhoud, het Filander op ‘n vraag van CCN gesê en verduidelik;  dat  sy geen vergoeding ontvang nie, ten spyte van die omvang van die probleme waarmee sy daagliks te doen kry.

“Dis nie altyd maklik nie,  maar mense word dikwels benadeel deur onreg, en baie weet nie wat hul regte is nie,” het sy gesê.
“Ek voel net ek móét help,  al beteken dit dat ek soms moet ryloop om by iemand in nood uit te kom.”

Toe CCN haar bankbesonderhede versoek om moontlike hulp vir haar beskikbaar te stel, was sy aanvanklik huiwerig en duidelik ongemaklik daarmee.

Filander se onbaatsugtige werk,  haar beskikbaarheid vir slagoffers van onreg, en haar bereidheid om fisies op te daag waar sy nodig is,  maak haar ’n onmisbare steunpilaar vir baie kwesbare inwoners.

Daarom doen Cape Coast News ’n beroep op ons lesers en die breër gemeenskappe, wys daardie menslike omgee, want mense soos diè vrou word oral benodig in alle gemeenskappe.
Selfs ’n klein donasie kan ’n groot verskil maak.

Ondersteunings besonderhede –  Help Johanna Filander

Lesers wat Johanna se vrywillige werk wil ondersteun, kan bydra deur ’n donasie te maak na die volgende rekening:

Bank: Capitec
Rekeningtipe: Spaarrekening
Rekeningnommer: 1581369482
Rekeninghouer: JAA Filander

Selfs ’n klein bydrae help haar om haar werk in die gemeenskap voort te sit.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Body of Homeless Woman Found Dead on Train Roof
Next Post: CCN Crime Watch Update ❯

You may also like

Community
Calvyn Protestantse Kerk (CPK) vier 75 Jaar van Geloof en Volharding
October 16, 2025
Community
Young Lives – Brighter Stations
October 11, 2025
Community
Van Gangster Familie tot Dokter
December 24, 2025
Community
Bergsig – Molesteerder skuldig bevind
March 26, 2025

Recent Posts

  •  Hopefield Ouers Eis Geregtigheid
  • Bewerings van moontlik Onwettige & Onbillike Uitsetting
  • SA Rand hits Multi-Year Hight
  • Motsepe se Maatskappye soek hofbeskerming teen $195 miljoen – eis uit VSA
  • Gemeenskappe keelvol vir misdaad

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown