Verslaggewer – Isaac Cloete
NAMAKWALAND:- Saterdag se heerlike musiekfees op Springbok was vol opwinding, verrassings en selfs ’n “buitengewone geestelikheid.”

Dit was die “Lovers & Friends” musiekfees van die Ross Entertainment organisasie waar verskeie DJ’s en bands soos, Bee Wings van Nababeep hulle musikale talent gaan uitstal het.
Die tema en kleur was, “an All Blacks evening.:
Reeds vroeg die middag het honderde disco-gangers, gewapen met kampstoele en koelers in lang toue, gaan staan om die alombekende DJ Jazzy D van Pretoria live (én geestelik) te ervaar. Saam met DJ Ermy was hulle die hoof vermaaklikheidskunstenaars (headliners).
Die voorprogram was gelaai met vuurwarm optredes deur ouens soos byvoorbeeld DJ Ralph, DJ Monster en DJ Nalla.
Dit was ‘n kwessie van hoe later, hoe kwater. Die disco-gangers, in pikswart gewaad, se soepel lyfies het al vinniger begin beweeg. En hulle het al harder gesing (kraailag) terwyl die gekleurde en gemengde vloeistowwe hulle innerlike temperatuur na 100°C probeer opstoot het.
Teen sewe-uur het the GrooveMaster die mike in die hande gekry en toe het die magic vir sowat 100 minute oor die Springbok Skougrond gewapper. DJ Jazzy D het van sy bekende disconnommers gespeel en die gillende aanwesiges in n onbekende trans (meevoering) geplaas. Dit was louter-plesier en uithalervermaak.
En toe kom die groot surprise…hy het met n gewyde gospellied van Ce Ce Winans, “Goodness of God,” afgesluit. Almal het saamgesing en waarskynlik die “geestelikheid” oor en binne-in hulle gevoel.
DJ Jazzy D het na die show gesê:
- “Ek beplan nooit om ‘n gospel-liedjie te speel nie.
- “Ek beplan nooit om enige spesifieke liedjie te speel nie.
- “Die gees en die liefde lei my daarheen.
- Saterdagaand was een van daardie skares vir wie ek ‘n boodskap wou agterlaat.”

