Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Maatskappy Aansoek Verval

Posted on October 5, 2026 By The Editor
Headline

 Phelan Green se vroeë sonprojekverslag was onvolledig – proses begin van vooraf.

CCN Verslaggewing

Hopefield:- Die Phelan Green-groep het erken dat die oorspronklike Omvangsbepalingsverslag (Scoping Report) vir die reuse-sonkragkomponent van hul beoogde groen waterstof- en eSAF-projek by Hopefield onvolledig was.Aerial view of a large solar farm and agricultural fields Die aansoek het op 24 Augustus 2026 verval, en ’n nuwe aansoek met ’n bygewerkte, meer omvattende verslag moet nou by die nasionale Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing ingedien word. Die departement het bevestig dat die aansoek (verwysingsnommer 14/12/16/3/3/2/2839) wel verval het. Phelan Green sê hulle het doelbewus toegelaat dat die verslag verval, eerder as om ’n onvolledige dokument in te dien, omdat dit nie genoeg besonderhede bevat het vir die plaaslike gemeenskap om ’n ingeligte besluit te neem nie.

“’N nuwe aansoek sal by die Departement ingedien word, vergesel van ’n bygewerkte en meer omvattende Omvangsbepalingsverslag,” het kommunikasiehoof Anthea Abraham gesê. Die maatskappy beplan ook om binnekort ’n toegewyde projekkantoor in Hopefield oop te maak waar inwoners uitstallings kan sien, inligting kan kry en vrae kan vra.

Die sonkragaanleg is ’n kritiese deel van die groter R47 miljard-projek (Fase 1 is R12 miljard). Sonder die sonkrag kan die groen waterstof en eSAF nie “groen” wees nie. Die eSAF/waterstof-aanleg self loop ’n aparte proses by die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning.

Wat Beteken dit vir die Tydlyn?

Alles vir die sonkomponent moet nou van voor af begin: nuwe aansoek, nuwe openbare deelname, nuwe kommentaarperiodes. Dit stoot die vroeëre teiken van konstruksie in vroeg 2027 verder terug.  Ander kritiese lisensies (watergebruik, atmosferiese emissies en omgewingsmagtiging vir die brandstofaanleg) is steeds uitstaande.

Die gemeenskap bly verdeeld.

Baie inwoners, veral in die blanke gemeenskap, is heeltemal teen die projek.  In die kleurlinggemeenskap is daar sterker belangstelling in die beloofde werkgeleenthede (sowat 500 permanente poste). Maar die vraag oor die meer as 500 bestaande werkgeleenthede op plaaslike plase en besighede wat van die skaars water afhang, bly onbeantwoord.  Fase 1 alleen benodig 2 megaliter water per dag.

Inwoners sê die maatskappy se erkenning dat die vorige verslag onvolledig was, is ’n stap in die regte rigting.  Maar hulle wil sien dat die nuwe proses werklik deursigtig is, met openbare vergaderings in Hopefield self, en duidelike antwoorde op die water- en bestaande-werk-kwessies.

CCN het kommentaar by die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing, die Wes-Kaapse DEA&DP en Saldanhabaai Munisipaliteit aangevra.

Hul antwoorde sal gepubliseer word wanneer dit ontvang word.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: N DISCO-FUNKSIE MET N GEESTELIKE AFSLUITING

You may also like

Headline
Major LEAP firearms bust in Crossroads Nets
July 30, 2026
Headline
Onwettige Drankwinkels Gesluit in Tuinroete
August 4, 2025
Headline
It Was a Hit – Thamlyn Clarke Victim
March 27, 2025
Headline
Taxi Violence Claims Another Life
June 11, 2025

Recent Posts

  • Maatskappy Aansoek Verval
  • N DISCO-FUNKSIE MET N GEESTELIKE AFSLUITING
  • Boland Rugby Match-Fixing Probe Deepens
  • IFP AND THE KHOI-SAN QUESTION
  • Three Commercial Crime Cases

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown