Moenie hierdie kans mis nie
Verslaggewer – George April
VELDDRIF:- Dinsdag is Bryan-Jade Rhodes en Brilynn van Rooyen die spesiale gaste op Bush Radio 89.5 FM, tydens die gewilde middagprogram, “BackChat” wat Maandae tot Vrydae vanaf 14:00 tot 16:00. uitgesaai word.
Die program word aangebied deur Thomas Cedrick en Renato Van Schalkwyk en fokus op gemeenskapsontwikkeling, plaaslike en internasionale kunstenaars, en dinamiese individue en groepe. Hulle bring ook gereeld die stem van die Kaapse Vlakte en omliggende gemeenskappe na vore.
Bryan-Jade Rhodes, die jong kunstenaar van Velddrif, gaan gesels oor sy uitnodiging na die IPop International Acting Auditions wat vanaf 4 tot 8 Januarie 2026 in Los Angeles, VSA, plaasvind. ‘N baie groot internasionale geleentheid, wat vir hom en sy gemeenskap hoop en trots bring.
Brilynn van Rooyen, ‘n bekende musiek promotor en betrokkene by Young Dynasty NPO, gaan meer vertel oor die opwindende talent-geleenthede wat binnekort in die dorpe van die Weskus Distrik Munisipaliteit afskop. Die eerste skool het reeds sonder huiwering die kontrak geteken, en Brilynn gaan ook die skool se naam bekend maak.
Ons almal weet hoe maklik raak plattelandse talent verlore, en dis tyd dat daardie verborge talente bekend gestel word.
Brilynn gaan ook uitbrei oor die belangrike samewerking tussen drie organisasies, naamlik West Coast Sports Solutions NPC, Young Dynasty NPO, en Piketberg Youth Sports Development, om jong mense soos Bryan-Jade Rhodes te ondersteun en hul drome waar te maak.
Omdat Bush Radio nie altyd op gewone radio kanale op die platteland opgevang word nie, kan jy maklik aanlyn luister-
👉 https://mytuner-radio.com/radio/bush-radio-895-398234/ 👈
Moenie hierdie inspirerende storie en belangrike inligting misloop nie – skakel gerus in en ondersteun ons jong opkomende talent.

