Ouer(s) en voogde, die aansoekproses vir Graad 8-leerlinge vir 2026 is reeds oop!
Om te verseker dat jou kind ‘n plek in die skool kry, moet jy hul aanlyn aansoek betyds indien. Om ouers te help met die aanlyn registrasieproses, sal beamptes van die distrik fisies beskikbaar wees by die volgende sentrums:
29 Maart 2025:
- Cloetesville Primêre Skool
- Morrisdale Primêre Skool
- De Kruine Sekondêr
5 April 2025:
- Wellington Primêre Skool
- Groendal Sekondêr
- H.F. Van Cutsem Hoërskool
- Boxer Mbekweni
6 April 2025:
- Boxer Mbekweni
12 April 2025:
- Nduli Primêre Skool
- Saron Primêre Skool
- Kayamandi Sekondêre Skool
Alle sentrums sal van 09:00 tot 15:00 oop wees.
Maak asseblief seker dat jy jou kind se registrasie betyds doen om teleurstelling te voorkom! Deel asseblief hierdie boodskap met ander ouers in jou gemeenskap.
Vriendelike groete
Jean-Claude Frolicks
Skoolbestuur & Beheerbeampte
Kaapse Wynlande Onderwysdistrik