Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Jong Rugbyspeler se Toekoms Verwoes 🏉🏉🏉

Posted on June 30, 2025 By The Editor
Headline

Gesin Soek Antwoorde 

Verslaggewer – George April

HOPEFIELD:- Die Esau-gesin van Hopefield is in rou en woede gedompel, nĂĄ ‘n voorval wat die toekoms van hul 22-jarige seun, Justin Esau, onherroepelik verander het.

Justin het Donderdag ‘n nege uur lange nekoperasie in Groote Schuur-hospitaal ondergaan, nadat ‘n gewas agter sy nek weer begin groei het, volgens sy ma, Elzaan Esau.  Dit was reeds die tweede groot operasie sedert sy deelname aan ‘n rugbywedstryd vroeĂ«r vanjaar.  ‘N wedstryd waarvoor hy, volgens sy ouers, deur die bestuur van Universals Rugbyklub op Hopefield gedwing is om te speel, ten spyte van ‘n bestaande besering.

“My seun se hele toekoms is vernietig,”  ‘n diep ontstelde Elzaan aan CCN vertĂȘl, met trane in haar oĂ«.  Volgens haar het Justin reeds in ‘n vriendskaplike wedstryd sy nek en skouer beseer. Hy het tuis probeer aansterk en duidelik laat weet, dat hy nie sou speel voordat hy nie volkome herstel het nie.  Hy het ook nie aan oefensessies deelgeneem nie.

Maar, sĂȘ sy, kort voor die span se vertrek na ‘n liga-wedstryd, is hy op straat voorgekeer deur die klub se voorsitter en afrigter.  Hulle het hom glo net versoek om saam te ry en die wedstryd te kyk nie om te speel nie.  Hy het uiteindelik ingestem, en sy ouers was nie by die huis om die situasie te keer nie.

“Kort voor daardie storie dieselfde oggend, was dieselfde mense by ons huis, en Justin het dit duidelik gemaak dat hy nie gaan speel nie.”  “Ek het saam met hom gestem, en gesĂȘ dat hy nie eers ge-oefen het nie, hoe kan hy dus speel.”

Op die wedstryddag het sake egter vinnig verander.  Justin is skielik meegedeel dat hy wel moet speel, syy nek is deur die klub se bestuur toegedraai, en ondanks sy eie beswaar dat hy nie reg voel nie, is hy oorreed om as voorspeler die volle 80 minute aan die eerstespan wedstryd deel te neem.

“Niemand het na hom geluister nie,” sĂȘ sy ma moedeloos. “Nou lĂȘ hy in die hospitaal, en niemand van daardie klub steek selfs sy kop in by ons huis nie. Geen ondersteuning, geen belangstelling nie.

En as ons hom wil besoek, moet ons dit uit sy pa se sak betaal.”

Volgens die gesin het Justin eers verlede jaar met rugby begin en selfs aan die einde van die seisoen ‘n prys ontvang as flank-speler. Vandag lĂȘ hy egter in die hospitaal met ‘n onseker toekoms.

CCN het reeds verlede maand ‘n formele navraag aan Boland Rugby Unie en SA Rugby gerig oor die voorval. Tot op hede is daar egter geen reaksie of terugvoer van die betrokke liggame nie.

Die voorsitter van Universals Rugbyklub, Archie Kleinsmith, het op vrae van CCN gereageer, maar sy weergawe van die gebeure strook duidelik nie met die hartseer relaas van die Esau-gesin nie.

Gemeenskapslede  van Hopefield met wie CCN verslaggewer oor die jongman se besering bespreek het, het hulle teleurstelling met die optrede van die klub bestuur uitgespreek.   Almal hou asem op vir antwoorde, en vir geregtigheid vir Justin Esau.

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Legal Battle Over Matzikama Municipal Council Far From Over
Next Post: Young Rugby Player’s Future Destroyed ❯

You may also like

Headline
Repeat Offender – Sentenced 22 Years
March 28, 2025
Headline
Detective – Tragedy to Triumph
March 13, 2025
Headline
Police Seize Illegal Firearms in Gang-Hit Mitchell’s Plain
July 9, 2025
Headline
Geregtigheid Vir Joshlin
May 2, 2025

Recent Posts

  • Suspected smash-and-grab criminal shot and killed
  • Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie
  • Voorval op plaas naby Vredendal
  • Unlawful Farm Evictions Continue in Van Rhynsdorp – Police Once Again Refuse to Act
  • Easter is Almost Here

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown