Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

R100 000 Beloning vir Inligting

Posted on August 27, 2025 By The Editor
Community
Oor aanval op Swartklipweg Pompstasie – 22 Augustus 2025

Berig – George April

KAAPSTAD:-  Die Stad Kaapstad het die opsetlike beskadiging en plundering van die Swartklipweg Pompstasie in Tafelsig ten sterkste veroordeel.

Ná die verwydering van onwettige elektrisiteitskoppelings, het lede van die gemeenskap die fasiliteit aangeval en miljoene rand se noodsaaklike infrastruktuur gestripp en die pompstasie heeltemal buite werking gestel.

Hierdie roekelose daad plaas duisende inwoners van Mitchells Plain nou in gevaar van voortdurende riooloorvloeiings, met ernstige gesondheids- en omgewingsgevolge.

Volgens die Stad was die aanval ’n direkte wraakaksie teen die wetlike afdwingingsproses om gevaarlike onwettige elektrisiteitskoppelings te verwyder.  Hierdie koppelings het pompversteurings veroorsaak, riooloorlope tot gevolg gehad en selfs brandgevare geskep.  Die Stad beklemtoon dat ’n deeglike proses gevolg is, insluitend gesprekke met die gemeenskap, wyksraadslede en ander rolspelers, voordat die koppelings uiteindelik verwyder is.

Verslae dui daarop dat sekuriteitswagte tydens die aanval gedreig is en moes ontruim.  Dit het aanvallers kans gegee om toegang te kry en alle CCTV-verbindinge sowel as die kragtoevoer wat die pompe laat werk, te vernietig. Intussen is onwettige koppelings weer aan die Stad se elektrisiteitsnetwerk verbind.  Die Stad beplan nou verdere aksie om dié onwettige heraansluitings te verwyder en die pompstasie weer aan die gang te kry.

As gevolg van die sabotasie kan Mitchells Plain en omliggende gebiede ernstige rioolprobleme ervaar, aangesien die pompstasie nie meer die vloei kan hanteer nie. Dit hou groot gesondheids- en omgewingsrisiko’s vir die gemeenskap in.

“Hierdie daad van wraak ondermyn die Stad se volgehoue pogings om betroubare sanitasiedienste te verseker en openbare gesondheid te beskerm. Dit is uiteindelik die inwoners van Tafelsig en Mitchells Plain wat die swaarste getref word,” lui ’n verklaring van die Stad.

Die Stad Kaapstad doen ’n dringende beroep op inwoners om met inligting vorendag te kom wat kan help om die oortreders vas te trek. Enigiemand wat inligting het, kan die Stad se tolvrye nommer 0800 11 00 77 skakel. Indien die inligting lei tot ’n arrestasie of die terugvordering van gesteelde eiendom, kan ’n beloning van tot R100 000 toegeken word. Die identiteit van informante sal streng vertroulik gehou word.

Die Stad vra ook dat inwoners help om kritieke rioolinfrastruktuur te beskerm. Solank die pompstasie buite werking is, gaan riooloorlope meer gereeld voorkom en duur herstelwerk verg. Die Stad sê hulle bly verbind tot samewerking met die gemeenskap om volhoubare, wettige oplossings te vind – maar samewerking en beskerming van noodsaaklike dienste is van kardinale belang.

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Social Media Post On South Africa’s Future Goes Viral
Next Post: Historiese Titel – Oorhandiging in Namakwa ❯

You may also like

Community
In Loving Memory of Mr Denver Christians
June 18, 2025
Community
Delft Police Operations Yield Arrests and Drug Seizures
September 30, 2025
Community
Wolseley sê – Geen Borgtog vir Kinder Aanrander
August 28, 2025
Community
The Power of Prayer is Unstoppable!
April 3, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown