Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Trio in Verband met Besigheidsroof – In Hegtenis

Posted on October 4, 2025 By The Editor
Headline

CCN Verslaggeing

CERES:- Op Dinsdag, 30 September 2025 om 10:20, het lede van Wolseley SAPD in die Wes-Kaap opvolginligting nagegaan rakende ’n besigheidroof,  wat in September 2025 aangemeld was.

Die inligting het die lede na Ceres en P.A. Hamlet gelei, waar hulle die voertuig wat deur die verdagtes gebruik is, tussen Ceres en P.A. Hamlet opgespoor het. Die voertuig is stopgesit en deursoek, maar niks is daarin gevind nie.

Die bestuurder van die voertuig is ondervra en het die lede vertel dat hy sy voertuig aan ’n persoon in P.A. Hamlet uitgeleen het. Hy het die lede na die woning van hierdie persoon gelei, wat positief geïdentifiseer is as een van die verdagtes in die besigheidroofsaak. Hy is onmiddellik gearresteer.

Verder navorsing het die lede na ’n perseel in Nduli, Ceres gelei. Die persoon wat hier gevind is, is ondervra en sy woning is deursoek. Binne sy woning is twee vuurwapens gevind – ’n .38 spesiale revolwer met verwyderde serienommer en een geïmiteerde vuurwapen. Die vuurwapens is inbesit geneem. Verder is daar alkoholiese drank gevind, wat ook inbesit geneem is.

Die voertuig, vuurwapens en alkohol is as bewysstukke in beslag geneem.

Die verdagtes, oud 25, 37 en 39, sal in die Wolseley-landdroshof verskyn op aanklagte van besit van ’n onwettige vuurwapen, besit van ’n verbode vuurwapen en besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Bron: SAPS

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Body Found on Bakoven Beach
Next Post: High-Speed Chase Ends in Arrest on Liesbeek Parkway ❯

You may also like

Headline
Doubles Shooting Night Rocks Cape Flats Communities
July 30, 2025
Headline
BREAKING NEWS – SAPS SEIZES ILLEGAL FIREARMS IN BELLVILLE RAID
September 22, 2025
Headline
Pregnant Woman Loses Unborn Baby after Alleged Police Assault
December 18, 2025
Headline
Kropz Elandsfontein Mine Strike Enters 2nd Week
March 8, 2026

Recent Posts

  • Suspected smash-and-grab criminal shot and killed
  • Gemeenskap Geruk oor Paas – Sondag Tragedie
  • Voorval op plaas naby Vredendal
  • Unlawful Farm Evictions Continue in Van Rhynsdorp – Police Once Again Refuse to Act
  • Easter is Almost Here

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown