Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

From Hurt to Strength –  Nadia’s Legacy

Posted on February 1, 2026February 1, 2026 By The Editor
opinion/editorial

– Dream Big, Learn, and Rise

How One YouTube Story Brought My Daughter Nadia’s Legacy Back to Life, Watch It and Believe in Yourself

Die enigste post op haar linkedin profile, wat sy 11 jaar gelede gepost het.

Vandag wil ek iets baie spesiaals met julle deel, veral met die jong mense daar buite wat dalk voel hulle is onsigbaar,  nie gereed nie,  of dat die lewe hulle reeds afgeskryf het.  Ek het gisteraand hierdie hartroerende YouTube-video gekyk:

“They Laughed at the Delivery Girl – Until She Spoke ARABIC and Saved Everything” van die BLACK VOXEN STORIES-kanaal.  Kyk dit hier: https://www.youtube.com/watch?v=IWvvQoSpiRQ

Die storie gaan oor Aaliyah Thompson, ‘n jong vrou wat as ‘n eenvoudige pizza delivery girl werk,  mense lag vir haar, ignoreer haar,  sien haar nie raak nie.  Sy sukkel met huur,  kry geen respek vir haar CV’s nie,  maar sy onthou wat haar ouma Fatima haar geleer het:  praat sag en met respek  (jy beheer die kamer sonder om te skree), ken jou waarde (dit lê nie in hoe jy lyk of waar jy werk nie), help ander uit die hart, en glo in die gawes wat God jou gegee het.

In ‘n groot krisis, ‘n $100 miljoen-kontrak met ‘n Sheikh wat op die punt is om te val omdat niemand die kulturele nuanses verstaan nie,  tree Aaliyah vorentoe.  Sy praat Arabies (iets wat sy by haar ouma geleer het), bou vertroue,  los die probleem op,  en red die deal.  Skielik sien almal haar:  sy word van “delivery girl” na Director of International Communications bevorder, en later stig sy die Fatima Foundation om ander jongmense te help om uit hul “onsigbare” posisies te kom.

Hierdie storie het my trane laat loop, want dit voel presies soos my oorlede dogter Nadia Samuels se lewe. Nadia is op Sondag 14 Oktober 2018 skielik aan ‘n hartaanval oorlede.  Sy was my oudste, my spieëlbeeld: positief,  ambisieus,  vol geloof, en altyd besig om van krag tot krag te gaan.  Sy het in finansies by Sea Harvest in Saldanha gewerk, waar sy as Payroll Administrator,  ‘n verantwoordelike posisie gehad het.

Voor daardie pos was deel van haar werk was om toesig te hou oor die vissermanne se gereedheid vir lang see-reise,  kosvoorraad op die bote,  veiligheid, en of hulle fisies en geestelik reg was om uit te gaan.

Nadia het ‘n groot hart vir mense gehad.  Twee vissermanne uit Hopefield het eendag by my kom spog:  hulle het vertel hoe Nadia vir hulle opgestaan het by die werk.  As hulle nie heeltemal gereed was nie (bv. as iemand nog nie sob was of nie veilig gevoel het nie), het sy hulle beskerm.  Sy het gekies om hulle te help eerder as om net reëls af te dwing.  Sy het in hul potensiaal geglo,  selfs al was hulle nog “amateurs” in daardie oomblik.  Dit wys hoe sy was:  altyd opgestaan vir die onderdog,  goed doen sonder om dankbaarheid te verwag.

Kort ná matriek het sy eenkeer vir my gesê: “Pappie, ek het nog niks bereik nie.”  Dit breek my hart, want sy hét al soveel bereik,  maar sy het groter gedroom.  Op ‘n ander middag, terwyl ons lag oor ‘n positiewe storie oor my in die Weslander, sê sy:  “Pappie doen so baie vir die mense,  maar hulle waardeer nie vir pappie nie…”

My antwoord: “Ek weet, Nadia, maar dis nie waaroor dit gaan nie.  Jy is en doen presies dieselfde.”

Haar LinkedIn-profiel staan nog daar, onveranderd met een post:  Net een post van 11 jaar gelede vang haar gees vas: “EVERY PRO WAS ONCE AN AMATEUR. EVERY EXPERT WAS ONCE A BEGINNER. SO DREAM BIG. AND START NOW.”

Dit was nie net woorde nie,  dit was hoe sy geleef het.  Sy het begin waar sy was, hard gewerk,  haar eie huis gehad, en ontelbare lewens geraak.  By haar begrafnis het mense gekom wat ek nooit eers gesien of geken het nie.  Dit het gewys presies watter soort mens sy was: diep geliefd,  gerespekteer, en onvergeetlik in ons gemeenskap.

Maar Nadia se storie het nog ‘n laag,  een van groei deur seer.  Soos baie jongmense, het sy moeilike oomblikke by die huis beleef.  Op 17 het ek haar gevra om uit te gaan nadat sy my in ‘n gespanne oomblik “jy” en “jou” genoem het tydens ‘n stryery met haar ma.  Dit was Saterdagaand;  Sondagoggend het ek haar weer herinner, en sy het  gepak en by haar ouma (my vrou se ma) gaan bly.  Later het haar ma haar ook uitgesit (ek weet nie presies waaroor nie, en ek het nie ingemeng nie). Dit was pynlik vir ons almal.  Daardie voorval het by haar mondigwording partyjie gebeur, wat sy by haar ouerhuis gevier het.

Tog het Nadia nie bitter geword nie. Sy het onafhanklik geword, haar 21ste verjaarsdag by die huis kom vier, en toe haar ma in 2008 sterf, was sy die een wat vir my opgestaan het,  teen familie of enigiemand wat my ontuis laat voel het.

Eendag sê sy vir my: “Ek het baie geleer in die lewe, pappie het my eintlik ’n guns gedoen toe pappie my uigetsit het.”  Nie omdat die uitsit lekker was nie, maar omdat dit haar ‘n lewensles gegee het:  respek,  grense,  onafhanklikheid, en kies om te groei eerder as om vas te sit in pyn.

Sy het die  seer omgedraai in krag.  Sy het my bedank vir die les.  Daardie keuse het haar gemaak wie sy was: iemand wat ander beskerm, in potensiaal glo, en met diep goedhartigheid geleef het.

Net soos Aaliyah,  uitgelag, afgemaak, maar opgestaan deur stille geloof en familie-wysheid,  wys Nadia dat jou waarde nie deur verwerping of waar jy begin gedefinieer word nie.  Dit lê in hoe jy kies om te reageer: met geloof, vergifnis, en aksie.

Dis hoekom West Coast Sports Solutions bestaan.  Ek het dit gestig om jongmense op die Weskus te bereik,  van Yzerfontein tot Lamberts Bay, Malmesbury tot Hopefield,  wat voel hulle is vas, onsigbaar, of seergemaak deur die lewe.  Baie gooi hul potensiaal weg omdat hulle geen visie het nie, dink hulle is nie gereed nie, of laat verlede pyn hulle definieer.  Maar Nadia se lewe sê:  elke pro was eers ‘n amateur.  Elke expert het iewers klein of pynlik begin.  Jy kan uit die seer leer, vergewe, groei, en opstaan.

Deur gestruktureerde sport, naskoolse programme, en gemeenskapssteun bou WCSS selfvertroue,  spanwerk, dissipline, en die wete dat jy gesien en in staat is.  Ons help jongmense om groot te droom,  nou te begin,  en mekaar op te lig, net soos Nadia gedoen het.

As Nadia vandag met ons jongmense kon praat, sou sy sê:  Glo in jouself.  Selfs as dit seermaak,  kan jy leer. Jy is genoeg. Begin waar jy is.  Droom groot.  Staan op vir die mense wat jy liefhet.

Jy het nie ‘n perfekte begin nodig nie.  Jy het die moed nodig om te leer en aan te hou.  Glo dit.  Tree vorentoe.  Help ander saam.

Kyk asb die video,  dit sal jou roer: https://www.youtube.com/watch?v=IWvvQoSpiRQ  Dit het my aan Nadia herinner, en dit kan jou inspireer om te glo jy kan ook van “beginner” na “unstoppable” gaan.

Sluit aan by West Coast Sports Solutions.  Kom bou toekoms saam,  eer nalatenskappe soos Nadia s’n,  en wys die Weskus wat moontlik is wanneer ons groei bo bitterheid kies.

George April Founder, West Coast Sports Solutions NPO WhatsApp: 067 074 5040 admin@wcsportssolutions.co.za

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: SKOK In Noord-KAAP
Next Post: Saldanha Bay se Nuwe Hoofstuk – André Truter Bedank ❯

You may also like

opinion/editorial
Social Media Post On South Africa’s Future Goes Viral
August 27, 2025
opinion/editorial
🇿🇦 South Africa Is Bleeding – And We Cannot Pretend It’s Normal Anymore 🇿🇦
July 16, 2025
opinion/editorial
 Nog ’n Meinhardt – Net op ’n ander deel van die planeet
December 23, 2025
opinion/editorial
Unanswered Questions – Umoya & Tronox
April 22, 2025

Recent Posts

  • Saldanha Bay se Nuwe Hoofstuk – André Truter Bedank
  • From Hurt to Strength –  Nadia’s Legacy
  • SKOK In Noord-KAAP
  • Fatal Shooting of Security Officer in KTC
  • High Court Grants Bail to 10 Anti-Gang Unit Members

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown