Ons laat nie die kak toe nie!
Facebook – Plasing
ATLANTIS:- Gister het die mense van Avondale, Saxonsea en Hoërgeest/Figelante-straat weer eens gesien hoe die probleem terugkom na ons areas toe.
Foto – Dante Maddox, die beskuldigde in die moord op Wesley Pearce.
Maddox is veronderstel om ver van Atlantis af te bly, volgens sy borgvoorwaardes. Hy mag net op die dag van sy verhoor in Atlantis wees. Die res van die tyd moet hy in Mitchells Plain bly. Dit is duidelik so in die hof gestel.
As jy hom huis toe nooi, slaapplek gee, kos gee, entertain of selfs net wegkruipplek bied, vriend, familie of girlfriend, dan word jy deel van die oortreding.
Om borgvoorwaardes te verbreek is nie net ‘n oortreding nie, dit is minagting van die hof. Julle maak julleself saam skuldig.
Ons gemeenskap het genoeg gehad. Die kak word nie meer geduld nie.
Gister is Dante Maddox gesien in Figelante straat in ‘n navyblou en rooi tracksuit saam met ‘n roomkleurige fez.
As jy hom sien, veral in die Scheme of Saxonsea, moenie stilbly nie.
Bel dadelik die Atlantis Polisie by 082 411 3317. Praat met Speurder Van Wyk, hy is die ondersoekbeampte wat sy borgvoorwaardes ken.
Ons kyk uit vir mekaar.
Ons beskerm ons kinders en ons strate.
#PiempDieDing
#PiempJouBerk
#PiempJouAccuse
Atlantis Gemeenskap Avondale, Saxonsea,


