Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Kaapse Vlaktes se Kinders Sterf

Posted on April 14, 2026April 14, 2026 By The Editor
opinion/editorial

Terwyl Sport Departemente en Beloftes stilbly.

Skrywer & Stigter van West Coast Sports Solutions (WCSS)

George C April

Weskaap:- Die moorde op die Kaapse Vlakte styg steeds, selfs ná die weermag se ontplooing.

Gangsters bewys elke week:  “Ons is nog in beheer hier.”

Hulle skiet nie net op mekaar nie, hulle skiet op onskuldige mense wat sport op TV kyk, op families in hulle huise, en op kinders wat in die straat speel.

Random – Sonder rede  – Net om vrees te saai.

In taxi’s praat almal dieselfde storie: die strafregstelsel is  ’n  grap. Kommissies lewer net papierwerk. Arrestasies word gemaak, maar convictions bly bitter min.  Ouers is bang om polisie toe te gaan.

Niemand praat apartheid goed nie. Maar vandag, “vryheid” beteken ouers het geen beheer meer nie. Tug jy jou kind, bel hy die polisie. Skole sonder dissipline.  Kinders sonder respek vir ouers of mekaar. Respek word al hoe skaarser.

Die grootste brandstof is dwelms, tik veral. Ons kinders dwaal op die strate, nie omdat hulle wil nie, maar omdat hulle weerloos is.  Hulle soek struktuur, aandag en ’n gevoel van behoort.  Bendes gee dit, as huise en skole dit nie kan gee nie.

Die werklike oplossing lê nie net by soldate nie. Dit lê by kinder- en jeug ontwikkelings programme wat dissipline, respek en hoop terugbring.  Sport, mentorskap en veilige ruimtes ná skool kan kinders van die straat af hou.

Klein organisasies soos West Coast Sports Solutions (WCSS) doen presies dit.  Tog word ons geïgnoreer.  Ons skryf briewe en e-posse aan sportdepartemente en besighede.

Niemand reageer nie…

Groot toernooie kry maklik borgskap vir belastingvoordele en BEE-punte.

Ons?

Ons is “te klein” en ons ken nie die regte mense nie.
Minister Gayton McKenzie, wat in 2024 met groot opwinding as Minister van Sport, Arts and Culture aangestel is, omdat hy gereeld oor ons bruin gemeenskappe en die Khoisan praat, se departemente het nog nie een keer in twee jaar op ons skrywes gereageer nie.

Baie mense het gehoop McKenzie se aanstelling sou juis hierdie soort grassroots-werk ondersteun,  maar die opwinding was van korte duur.

Dit is ook opvallend hoe ActionSA MP Dereleen James (nou Western Cape Provincial Chairperson) gereeld live videos maak op die Vlakte met sterk polisie-teenwoordigheid.  Sy praat skielik hard oor kinders wat mishandel word en vasgevang is in gangster-geteisterde omgewings.  Intussen word gewone gesinne en kinders elke dag alleen gelaat om met die geweld saam te leef.

Mense in die taxi’s vra: “Gaan dit elke keer so voor ’n verkiesing? Almal skielik in aksie met beloftes op TV, maar niks op grondvlak nie?”

16 Mei 2026 bring ons die Weskus Waterfees in Hopefield, ’n volle dag sport, talent, familie-aktiwiteite en ’n groot prys trekking.

Die doel?

Geld insamel vir ’n veilige, skoon, omheinde gemeenskaps-swembad. Nou swem ons kinders in ’n vuil rivierdam vol gevaar.  Een verkeerde dag en ’n kind is weg.
Waar trek ons die streep?

Ons is moeg vir mooi politieke praatjies.  Moeg vir kinders wat weerloos grootword omdat klein organisasies nie hulp kry nie.
Sportdepartemente, besighede, en veral diegene wat sê hulle gee om vir ons gemeenskappe,  julle kan die verskil maak.  Help nie net groot events nie, maar ook die klein projekte wat regtig werk.

Kontak ons vandag:
admin@wcsportssolutions.co.za
Of skakel my – 067 074 5040
Of ondersteun die swembad-projek via BackaBuddy.

https://www.backabuddy.co.za/campaign/safe-swimming-pool-for-hopefields-children

Die kinders van die Weskus en Kaapse Vlakte wag nie meer vir kommissies of voorverkiesing-aksie nie.

Hulle wag vir werklike ondersteuning.

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: When Tragedy Becomes Campaign Fuel
Next Post: Atlantis Faces Economic Blow ❯

You may also like

opinion/editorial
From Hurt to Strength –  Nadia’s Legacy
February 1, 2026
Headlines
 Shadows of the Cape Flats
February 17, 2026
opinion/editorial
Kameras skielik verbied in Hopefield biblioteek
December 21, 2025
opinion/editorial
Our Police Deserve More Support
December 22, 2025

Recent Posts

  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema
  • CCN EXCLUSIVE – Trump’s War Hits South African’s Pumps
  • EXCLUSIVE: Malema’s Five -Year Jail Term
  • Suspect Shot Dead

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown