Lambersbaai:- Storm Atkins (19) van die die bekende vakansiedorpie Lambertsbaai, is ’n jong sportman wat besig is om homself as ’n talentvolle atleet te vestig op die internationale sportvelde.
Sy sportloopbaan het reeds in laerskool begin en sedertdien het hy op verskeie platforms sy merk gemaak.
Storm het sy eerste sportstappe by die Lambertsbaai Laerskool begin, waarna hy sy hoërskooljare by Hugenote Hoërskool deurgebring het. Gedurende hierdie tyd het hy nie net sy talent in rugby ontwikkel nie, maar ook as ’n 100m en 200m atletiek kampioen vir sy skool uitgeblink.
Benewens sy prestasies in atletiek, het hy ook krieket gespeel vir Hugenote Hoërskool se o.18-span en LaMar Krieketklub in Lambertsbaai.
In rugby het hy onder andere vir die volgende spanne gespeel:
Hugenote Hoërskool – 1st span
Attackers – 1st span. (Wellington)
Lambertsbaai Marines
100m en 200m champ vir Hugenote Highschool O/18 – 2023
Internasionale Geleenthede
Storm het in 2024 die Rugby Travel Academy (RTA) gejoin en sodoende die kans gekry om aan ’n Frankryk-toer en die Abu Dhabi World Schools Festival deel te neem.
“Ek het nie net geleer hoe om beter te speel nie, maar ook lewenslesse wat my karakter versterk het,” sê hy. “Ek het besef dat rugby nie net oor fisiese spel gaan nie, maar oor uithouvermoë, aanpasbaarheid en spanwerk.”
Rugby Travel Academy O/20 1st span – 2024 – Abu Dubai
Nou is Storm op die drumpel van nog ’n groot geleentheid: ’n rugbytoer na Australië.
“Dit is vir my ’n ongelooflike geleentheid, want ek kry die kans om myself op ’n groter verhoog te bewys,” verduidelik hy. “Australië het ’n ryk rugbytradisie, en ek sien uit daarna om saam en teen spelers van daardie gehalte te speel. Ek glo dit gaan my nie net as ’n sportman ontwikkel nie, maar my ook persoonlik laat groei.”
Die Toekoms
Storm Atkins is ’n bewys dat talent, harde werk en deursettingsvermoë groot hoogtes kan bereik. Met sy passie en dryfkrag het hy reeds indrukwekkende prestasies behaal, en met sy komende avontuur in Australië is die moontlikhede vir sy toekoms eindeloos.
Hy is beslis ’n jong sportheld om dop te hou!