Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Nababeep Krieketklub verras almal –

Posted on November 24, 2025November 25, 2025 By The Editor
Sport

Twee Oorwinnings in één dag, én die T20-kroon.

Deur Isaac Cloete

NABABEEP:-  Die Nababeep Krieketklub het Saterdag die Namakwalandse krieketgemeenskap aan die gons gehad,  nadat hulle twee kragmetings op een dag gewen het.Dié vertoning het hulle  uiteindelik as T20-kampioene gekroon.

In die semi-finaal het Nababeep die sterk Steinkopf Krieketklub op Okiep se veld met ag paaltjies afgeransel.  Steinkopf het 103/7 aangeteken,  maar Nababeep het koelweg met 106/2 geantwoord.

’n Paar uur later het hulle in die finaal teen die gewilde en gedugte Okiep Krieketklub uitgestap.

Appels steel die skou

Die ongelooflike talent van Nicholas “Appels” Cloete het dwarsdeur die dag uitgeskiet.
In die finaal het hy gehelp om Okiep tot ’n middelmatige 136/8 te beperk met ’n briljante boul-ontleding van 3/10.

Okiep se Claud Olivier het ’n keurige 33 vir sy span aangeteken.

Maar toe dit tyd word vir Nababeep om te kolf, het die vuurwerke begin.

April & Cloete het Okiep bont en blou geslaan.

Nababeep se aanvangspaar het Okiep se boulers behoorlik onder druk geplaas. Die wenlopies is binne 13 beurte behaal.

Lucian April – ’n majestueuse 62(41)*

Marlin Cloete – ’n vernietigende 60 (30)

Nababeep wen die finaal met 9 paaltjies.

Reeks-presteerders

Jade “Outlaw” Jantjies (Nababeep): Meeste paaltjies in die T20-reeks.

Nicholas “Appels” Cloete:  Man of the Tournament.

Appels se naam loop nou “viervoetig in die wandelgange van krieketsale” regdeur Namakwaland, en nie verniet nie. Behalwe sy 3 paaltjies in die finaal, het hy vroeër die dag nóg 3 paaltjies en ’n vinnige 57* teen Steinkopf ingepalm.

Kaptein Monré Macdonald:  “Ons was die buiteperde,  nou is ons kampioene”

Macdonald vertel dat die span aanvanklik nie genoeg spelers gehad het in die eerste rondes nie, maar hulle het deurgedruk.

“Ons was beslis die buiteperde.  Daarom het ons harder gewerk om te wys ons hóór nie by die voorspelling nie,” sê hy.
“Ons het vir Steinkopf mooi gewen en daardie momentum finaal toe gevat.  “Ek het volle vertroue in elke speler gehad.”

Okiep, die voormalige kampioen wat elke wedstryd gewen het,  was die gunsteling vir die titel.  Maar dit het Nababeep net meer vasberade gemaak.

Macdonald het afgesluit:

“Ons is hier om te bly. Dankie aan al ons ondersteuners,  waar hulle ook al is.

Ons gaan hierdie trofee met waardigheid verdedig.
En ons nooi die publiek, sluit aan by Nababeep Krieketklub”

“Dis ’n wenklub.”

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Former SARS Employee & Tax Practitioner Jailed for Vat Fraud
Next Post: Malema Calls for Charges Against Solidarity & AfriForum ❯

You may also like

Sport
50 JAAR VAN KRIEKETTROTS
February 6, 2025
Sport
Princely Mhangana Shines at ASA Championships!
March 31, 2025
Sport
Suid Afrika palm nog ‘n rugby titel in
October 9, 2025
Community
Atletiek Beurse vir 2026
June 19, 2025

Recent Posts

  • Massa Skietery in Kalksteenfontein
  • Olie Prysskok weens Midde Ooste oorlog
  • CCN Exclusive: Hanover Park Chaos
  • Drie mans vanoggend doodgeskiet by taxi staanplek
  • Soccer Night Turns Deadly

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown