Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Moorreesburg Gemeenskap verdeeld – Polisie Lede aangekla vir Verkragting

Posted on February 17, 2025February 17, 2025 By The Editor
Headline

Moorreesburg, 17 Februarie 2025 – ‘N Groot polisie-teenwoordigheid was vanoggend buite die Moorreesburg Landdroshof, toe twee polisielede verskyn het op aanklagte van verkragting.

Die twee beskuldigdes het regsverteenwoordiging aangevra, en die hof het die saak tot môre uitgestel en lede  bly intussen in aanhouding. Die 27-jarige klaer, ‘n vrou van Broodkraal, beweer sy is herhaaldelik deur die twee polisielede verkrag toe sy op 8 Februarie 2025 ‘n rit huis toe gesoek het.

Gemeenskap Woedend –  Maar Ook Verdeeld

Buite die hof het inwoners hul woede oor die beweerde voorval uitgespreek. “Die polisie is veronderstel om ons te beskerm, nie aan te rand of te verkrag nie!” het ‘n ontstelde vrou gesê.

“As een van ons so iets gedoen het, was ons lankal in die selle. Maar omdat dit polisielede is, kry hulle spesiale behandeling!” het ‘n ander inwoner gesê. Baie inwoners vra waarom dit langer as ‘n week geneem het om die twee beskuldigdes in hegtenis te neem. “Hoekom is daar altyd ‘n verskil wanneer dit ‘n polisiebeampte is? Is die regstelsel regtig vir almal?” het ‘n inwoner gevra.

Sommige Bevraagteken Egter Die Aanklagte

Terwyl baie mense hul woede oor die polisie uitgespreek het, het ander inwoners egter die klaer se weergawe bevraagteken. “Sy beweer sy is vyf keer verkrag – is dit moontlik”  het ‘n man vir Cape Coast News gevra? “Die vrou was dronk, ek dink regtig  sy het die kat aan die stert beet.”

Volgens ‘n ander bron, wat verkies het om anoniem te bly, is die polisie oorspronklik uitgeroep,  en kon  hulle op die klaer afgekom het, ná sy reeds verkrag was. “Ek glo nie vir een oomblik dat hierdie twee lede dit gedoen het nie. Die een lid is net drie maande in die SAPD, hoekom sou hy sy loopbaan só weggooi?”

SAPD Bevestig Sake – Verwys Media na IPID

Die polisie het die saak bevestig, maar verdere navrae verwys na die Onafhanklike Polisie ondersoek direktoraat (IPID). Volgens Kolonel André Traut, Provinsiale bevelvoerder van die polisie media-kommunikasie, is ‘n verkragtingsaak geregistreer, gebaseer op die bewerings van die klaer. Hy het beklemtoon dat IPID ondersoek instel, en dat hul kommunikasie-afdeling verdere besonderhede sal kan verskaf.

Cape Coast News sal hierdie saak noukeurig dophou en verdere inligting aan die publiek bring soos dit beskikbaar raak.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Cape Town Faces 3 Days Power Outage
Next Post: “Help Leander Achieve His Dream – Every Contribution Counts!” ❯

You may also like

Headline
PA Mayoral Candidate Visits Israel
July 1, 2025
Headline
Recent Crime Incidents Across the Cape Flats
February 25, 2026
Headline
Follow-up: Off-Duty LEAP Officer Killed
December 15, 2025
Headline
Police Visibility Operations lead to Multiple Arrests in Western Cape
November 10, 2025

Recent Posts

  • Van Straat na Springbok Droom
  • Gulf Oil Giants Turn Backs on America
  • Metrorail Service Disruption on Central Line
  • Sternberg Police Nab Suspect with Rusty: Untraceable 9mm
  • Groot Wapenfonds in Ravensmead

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown