Vanderbijlpark:- ‘N swanger ma van ‘n tweeling loop tans hof, nadat sy aangekla was dat sy haar kind verkoop het.
In Februarie 2025 is ‘n 32-jarige ma van Vanderbijlpark, Keneilwe Shalaba, in hegtenis geneem op aanklagte dat sy haar tweejarige seun, Kutlwano, vir R75 000 verkoop het. Shalaba, wat swanger is met ‘n tweeling, het aanvanklik in November 2024 beweer dat haar seun deur drie mans in ‘n silwer VW Polo ontvoer is. Na behoorlike ondersoeke, het dit aan die lig gekom dat sy op dieselfde dag wat sy die vermissing gerapporteer het, ‘n betaling ontvang het.
Sy het in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn vir ‘n borgtogaansoek, waar die hof bevind het dat die saak teen haar te sterk is, gegewe die vals ontvoeringsaanklag en pogings om by die ondersoek in te meng. Borgtog is toe geweier.
Ten spyte van voortdurende pogings deur die owerhede, is Kutlwano steeds vermis. Die gemeenskap is geskok oor hierdie voorval, wat ernstige kommer oor kinderhandel en uitbuiting laat ontstaan het.
As u enige inligting rondom die voorval het, word u gevra om die naaste powerhede te nader.