Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Bergsig – Molesteerder skuldig bevind

Posted on March 26, 2025March 26, 2025 By The Editor
Community

Deur Isaac Cloete

SPRINGBOK:- ‘N 47-jarige man is hierdie week in die Springbok-streekhof skuldig bevind aan die seksuele aanranding van ‘n 11-jarige meisie in Bergsig.

Foto:  Speurkonstabel Agnes Vena

Ná die gruwelike daad het hy vir haar skokkend genoeg, ‘n R5 gegee om stil te bly.  Die voorval het op Saterdag, 1 April 2023, plaasgevind, toe die slagoffer by die beskuldigde se huis in 7de Laan was. Hy het probeer om haar met geweld te soen en haar mond toegedruk toe sy om hulp skree.

Volgens polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane,  het die beskuldigde die dogter  seksueel aangerand en toe vir haar ‘n R5 gegee.  Die slagoffer het onmiddellik na haar tante se huis gehardloop en die voorval gerapporteer.  Haar tante het dadelik die polisie gekontak, wat gelei het tot die inhegtenisneming van die verdagte.”

Die hof het borgtog suksesvol teengestaan, en die beskuldigde het in aanhouding gebly tot sy skuldigbevinding en vonnisoplegging.  Hy is gevonnis tot 12 jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is vir vyf jaar, op voorwaarde dat hy nie gedurende hierdie tydperk weer aan ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie.  Verder is hy onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam sal op die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders geplaas word.

Publieke reaksie op die vonnis

Die vonnis het gemengde reaksies uitgelok, met baie mense wat voel dat dit nie streng genoeg is vir so ’n gruweldaad nie.

Jacobus Julie skryf: “12 jaar vir ‘n kind se toekoms wat hy verwoes het. SIES regstelsel! Na 5 jaar is hy vry om weer te verkrag.”

Leoni Cornelissen reageer: “Flippin gemors! Hierdie mense wat kinders se lewens verwoes, moet kis toe!”

Franklin Cloete voeg by: “Die regering moet strawwer vonnisse instel vir hierdie haatlike misdade in ons gemeenskap. 12 jaar vir verkragting, en hy loop dalk na 7 jaar vry rond,  dit is ‘n klap in die gesig vir die onskuldige kind wat nooit weer vol vertroue in mans sal wees nie.  Ons as gemeenskap moet saamstaan en hierdie ligte vonnisse aanspreek.”

Die Namakwa-distriksbestuur het speurkonstabel Agnes Vena van die Springbok-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe geprys vir haar uitsonderlike ondersoekwerk wat gelei het tot die skuldigbevinding en geregtigheid vir die slagoffer.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: ACDP Slams Lavish Cruise For Municipal Officials
Next Post: Die Van Rhynsdorp Kopseer ❯

You may also like

Community
Suspect Fatally Shot in Nyanga
August 6, 2025
Community
Help Monray & Rural Youth Rise….!
June 11, 2025
Community
In Loving Memory of Mr Denver Christians
June 18, 2025
Community
Two Brutal Race Attacks Shake Cape Town
July 10, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown