Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Hopefield Inwoners Steeds in die Duister oor Behuising

Posted on July 4, 2025July 4, 2025 By The Editor
Community

HOPEFIELD:- Die behuisingskrisis in Hopefield bly ‘n groeiende bron van frustrasie, veral vir die gesinne wat al jare in haglike asbeshuise oorleef.

Hulle is nou vasgevang tussen politieke beloftes, gebrek aan grondsekerheid, en die komplekse wetlike raamwerk rondom onwettige grondbesettings.

Verlede jaar het die Saldanhabaai Munisipaliteit, onder beheer van die DA en VF Plus, probeer om inwoners van hierdie asbeshuise onwettig uit te sit. Sommige inwoners is selfs aangemoedig om eienaarskap van hul ongesonde strukture te aanvaar, ‘n gevaarlike stap, veral aangesien baie van hierdie mense nie hul regte of die wetgewing verstaan nie.  Uit desperaatheid het sommige ingestem.

Intussen wag talle inwoners,  sommige al vir tot 15 jaar, vir die geleentheid om ‘n ordentlike huis van die staat te ontvang.  Tot op hede is daar egter geen tasbare terugvoering of konkrete planne van die munisipaliteit oor beskikbare opsies vir hierdie mense nie.

Die Hopefield Gemeenskap Forum het onlangs ‘n skrywe aan raadslid Miranda Schrader gerig, met die versoek dat sy in ‘n oop gemeenskaps vergadering die behuisings kwessies kom verduidelik. Tot dusver het sy egter nie eens die ordentlikheid gehad om te reageer nie. Intussen, met die komende munisipale verkiesing wat nader kruip, word onwaarhede en gerugte wyd versprei om politieke voordeel te trek.

Straatpraatjies, aangevuur deur politieke rolleerders, lui dat die regering eers in 2027 nuwe huise in Hopefield gaan oprig.  Dit ten spyte van die feit dat die huidige boekjaar reeds in 2026 eindig, en die nasionale regering self erken het dat daar tans geen beskikbare fondse vir nuwe behuisingsprojekte is nie.

Wat die situasie verder kompliseer, is die algemene verwarring en gebrek aan kennis oor sogenaamde “onwettige plakkers” en “grondbesetters”.  In ‘n onlangse sosiale mediaplasing aan inwoners, is die volgende verduidelik:

Wat is Jou Regte

– Baie mense is steeds grootliks oningelig oor die kwessie van onwettige plakkers en hul keuse van blyplek.
– Eenvoudig gestel:  jy, ek, of enige owerheid kan nie sommer net ‘n plakker/grondbesetter verwyder of wegjaag nie.  Dit geld ongeag of dit privaat grond, nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsgrond is.
– Die ENIGSTE manier om ‘n plakker wettig te verwyder, is deur die howe, ‘n lang (jare), duur (tienduisende rande uit belastingbetalers se sakke) proses, sonder die waarborg dat ‘n uitsettingsbevel toegestaan sal word.
– Hierdie realiteit is gebring deur ‘n vorige regering en die sogenaamde PIE-wet.

– Wanneer jy dus sien hoe ‘n plakkerstruktuur opgerig word of ‘n publieke ruimte geokkupeer word, rig jou frustrasie waar dit hoort.
– Deur kos of goedere aan mense op straat of by verkeersligte te gee, word die probleem vererger.
– As jy werklik ‘n verskil wil maak, gebruik eerder ‘n erkende skenkings,  of voucher stelsel.
– Meld enige onwettige grondbesettings by 021 480 7700 aan vir rekorddoeleindes en sodat daar konstruktiewe dialoog tussen betrokke partye kan plaasvind.

#feitemaaksaak. #speeljourol

“Dis maklik om voor verkiesing leë beloftes te maak, maar die gemeenskap verdien feite, oplossings, en respek, nie net politieke spel en uitstel nie,” sê ‘n inwoner wat verkies om anoniem te bly.

Cape Coast News sal die publiek op hoogte hou, sodra amptelike terugvoeriñg ontvang word, wat beslis nie gaan gebeur nie.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post:  Israel – The Story Few Truly Understand
Next Post: Gunfire Echoes Freely Across the Cape Flats ❯

You may also like

Community
Gesin Geskok Ná Grusame Ontdekking
August 20, 2025
Community
Illegal Evictions in Cape Town Spark Outrage
March 6, 2025
Community
Kaping & Steek Voorval – Plumstead
October 20, 2025
Community
Major Power Outage – Infrastructure Vandalism
May 9, 2025

Recent Posts

  • SA Rand hits Multi-Year Hight
  • Motsepe se Maatskappye soek hofbeskerming teen $195 miljoen – eis uit VSA
  • Gemeenskappe keelvol vir misdaad
  • South African Motorist Fatally Shoots Two Taxi Drivers
  • SAPS Lanseer Groot Hoë – Risiko Operasie in Weskaap

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown