Vuurwapens, dwelms en ammunisie gekonfiskeer.
CCN Verslaggewing
‘Belhar:- ‘N Intelligensie. gedrewe operasie deur lede van #OperasieShanela2# het Maandagmiddag teen ongeveer 11:30 gelei tot die inhegtenisneming van ‘n 35-jarige man in Belhar vir die besit van dwelms en onwettige besit van verbode vuurwapens en ammunisie.Lede het opgetree op inligting wat ontvang is oor vuurwapens en ammunisie wat glo op ‘n perseel in Belhar geberg word. Op die toneel het hulle drie vuurwapens, ‘n verskeidenheid ammunisie, drie sakkies kokaïen, sowel as 422 gemengde leë patroondoppies, insluitend drie leë blou ammunisie, gevind. Die verdagte is onmiddellik gearresteer en by Belhar SAPD aangehou.
In ‘n onverwante voorval dieselfde dag, het die polisie inligting ontvang oor ‘n vuurwapen wat glo by ‘n shack in die Freedom Farm Informele Nedersetting versteek word. Lede het vinnig opgetree, die informasie geoperasionaliseer en ‘n 33-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Die SAPD herbevestig hulle verbintenis daartoe om vuurwapens van die straat af te haal en misdaad in ons gemeenskappe hok te slaan.
– Lees meer op SAPD se webwerf.