Spreek Gerugte Aan
CCN Verslaggewer – George C April
Lutzville:- ANC-raadslid Johan Muller het Vrydag ’n verklaring uitgereik waarin hy gerugte ontken dat hy uit die ANC bedank het.
Muller, wat reeds dekades deur die geledere van die beweging gestap het, sê hy sal lojaal bly aan die party.
“Ek het deur die jare oorwinnings en nederlae gesien. Ek weet hoe dit voel om niks te hê en hoe dit voel om volop te hê. Maar een ding is seker – ek het nog nooit die ANC verlaat nie, en ek sal nie. Selfs al bly ek die laaste lid oor, sal ek my huis skoonmaak en die ligte aanhou vir nuwe besoekers,” het Muller gesê.
– Gemeenskap Reageer
Sy verklaring het vinnig gesprekke op Facebook ontlok. Sommige inwoners voel daar is min sigbaarheid en resultate van die raadslid in Lutzville.
Appels Cloete het sterk kritiek uitgespreek:
“Hy is net vir geld daar. In Lutzville is niks gedoen nie – kyk na ons strate, sokkerveld, straatligte en die bruinerige drinkwater. Waar is sy sigbaarheid tussen die gemeenskap?”
Frans Bam het egter gereageer en die debat verbreed: “Appels Cloete, wie regeer Matzikama?”
Intussen vra ander inwoners of gemeenskapslede self ook verantwoordelikheid moet aanvaar vir rommel en omgewings toestande.
– Madelyn Madie Fryster skryf :
“Appels Cloete, wie is die oorsaak van die rommel tussen die huise???”
– Steun is ook daar
Ten spyte van kritiek is daar ook boodskappe van steun.
Alicia Bam het Muller aangemoedig met – “Jou werk gaan jou nie kom haal nie Johan… dis reg, maak die geraasmakers stil.”
Muller hou vol dat hy sy politieke pad binne die ANC sal voortsit en dat hy nie beplan om oor te stap na enige ander party nie.
Foto’s – Sosiale Media