Verslaggewer – Isaac Cloete
Springbok:- In die vroeë oggendure van Maandag, 22 September 2025, het polisielede op nagskof patrollie langs die R382-pad op ’n wit Toyota Hilux bakkie met ’n kap afgekom.
Twee mans is opgemerk waar hulle die voertuig se bande omruil het.
By nadere ondersoek is die bakkie deursoek en ’n groot hoeveelheid bedreigde plante ter waarde van ’n aansienlike bedrag ontdek.
Twee buitelandse mans, onderskeidelik 36 en 42 jaar oud, is op die toneel gearresteer. Hulle sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.
Die saak word steeds ondersoek. Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om speursergeant Wynand van den Heever van die Springbok Veediefstal- en Bedreigde Spesieë-eenheid te kontak by 060 963 6183, of die SAPD se misdaadstopnommer by 08600 10111 te skakel. Inligting kan ook anoniem via die My SAPS-app gedeel word.
Alle inligting sal met die strengste vertroulikheid hanteer word.
Enquiries:
Kaptein Ivan Magerman
SAPS Namakwa Kommunikasiebeampte
083 478 9317
Gemeenskapslede het egter verskillende meetings oor die buitelanders.
Saul Fredericks: “Daardie buitelanders ken nie die plante nie, hul was dalk net opgeset… Betaal vir plante en daarna word hulle laat vang deur dieselfde mense wat hulle betaal het om plante te kry. Wie is agter alles, dit is die vraag?”
“Ja, so roei hulle ons plantegroei uit die sleg uit. Hoop hulle kry wat hulle verdien, buitelanders dink mos hulle kan hier maak en doen soos hulle wil, was Afrika Andrew se kommentaar.”
Jacob Izaks – “Pofadder is ook ’n groot brandpunt vir hierdie tipe bedrywighede.”