Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Weskus – Ouers Eis Dringende Aksie oor Hoërskool Krises

Posted on October 1, 2025 By The Editor
Headlines

Verslaggewer – George April

Hopefield:-  Die hoërskool-onderwyskrisis op die Weskus raak by die dag groter, en ouers sê die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) kan nie langer swyg nie.

Verlede week het inwoners van Laingville, St. Helenabaai, vir die derde keer betoog om ’n plaaslike hoërskool in die gemeenskap te eis. Thyrone Williams, plaaslike Good PR-raadslid, het vandag  sy frustrasie op Facebook gedeel nadat dit bekend geword het dat uit drie Graad 8-klasgroepe by St. Helenabaai Primêr, slegs ses leerders vir 2026 aanvaar is by die vier hoërskole in Vredenburg.

Williams blameer die WK en die DA-regering vir die krisis en sê die party stel nie die kinders se toekoms eerste nie.

Maar die probleem strek veel verder. In Hopefield word daagliks minstens vyf busse vol kinders van omliggende dorpe na Hopefield Hoërskool vervoer, omdat ander skole reeds vol is. Dit laat Hopefield se eie kinders in die knyp, en baie word uitgedruk na Vredenburg, Moorreesburg, Malmesbury en selfs so ver as Porterville – waar kinders net Maandae en Vrydae vervoer word.

Vir ouers wat nie die koste van vervoer of verblyf kan dra nie, beteken dit dat hul kinders eenvoudig sonder skool sit en op straat rond dwaal.

Die probleem is al herhaaldelik onder die WKOD se aandag gebring. Hoewel die departement soms op mediavrae reageer, sê gemeenskappe dat daar nog geen konkrete plan op papier is om die krisis op te los nie.

Inwoners waarsku dat as daar nie dringend ingryp word nie, die Weskus ’n generasie jongmense gaan verloor wie se toekoms weggeneem word deur ’n gebrek aan toegang tot onderwys.

CCN het nie vir hierdie skrywe WKOD genader om kommentaar te lewer nie.

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Inmates Have No Rights to Coordinate Crime Behind Bars
Next Post: Laingville Resident’s Renew Calls for a Local High School ❯

You may also like

Headlines
Gugulethu Law Enforcement Squad Crack Down
March 16, 2025
Headlines
Isreal – Die Jode Van My Jeug
July 4, 2025
Headlines
DA Calls for Review of CPF Elections
March 24, 2025
Headlines
ANC Minister Faces Fraud Charge, Remains Silent
October 4, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown