Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Tragedie aan die kus – Jong paartjie se Visvang Uitstappie eindig in hartseer by Tietiesbaai

Posted on October 8, 2025October 8, 2025 By The Editor
Community

Berig – George April

PATERNOSTER:- ’N ontspannende dag van visvang het Dinsdag in tragedie geëindig toe ’n jong paartjie, JP Louw (26) en Danielle “Dani” van Wyk (25), deur ’n fratsbrander by Tietiesbaai naby Paternoster van die rotse afgeslaan is.

Volgens inligting wat aan CCN bevestig is, het die twee die oggend vroeg aan die kuslyn visgevang toe ’n skielike brander hulle oorrompel het en in die ysige water ingetrek het.
Louw het glo alles in sy vermoë gedoen om by sy vriendin uit te kom, maar die sterk seestrome het hom al verder weggesleur. Hy is later uitgeput, met sny- en skaafmerke, deur omstanders aan wal gehelp en na die hospitaal geneem.

Die NSRI-stasies van St Helena Bay en Mykonos het onmiddellik op die toneel gereageer en saam met ander nooddienste die gebied met bote, ’n helikopter en ’n hommeltuig deursoek.
Danielle se liggaam is later in die water opgespoor.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

’n Kollega van Louw het op sosiale media geskryf dat hy “alles gedoen het om haar te red” en dat hy diep getraumatiseer is oor die voorval.

Die berig het groot skok veroorsaak in Paarl en omliggende gemeenskappe, waar Van Wyk glo vandaan gekom het. ’n Foto van haar is kortliks in Paarl Post se berig oor die voorval gedeel voordat dit later van hul blad verwyder is.

’n Vriendin het op Facebook hul pynlike verlies só beskryf:

“Sy was ’n sagte, liefdevolle mens. Hulle het saam by hul gunstelingplek gewees, die see wat hulle so liefgehad het.  Nou rus sy by die Here, en hy sal altyd onthou dat hy vir haar geveg het.”

Die polisie waarsku strandgangers en hengelaars om altyd versigtig te wees vir onvoorsiene branders en sterk seestrome, selfs op dae wat die see kalm lyk.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Police Appeal for Information after deadly Gugulethu shooting
Next Post: Suid Afrika palm nog ‘n rugby titel in ❯

You may also like

Community
Over 2,000 Mandrax Tablets Seized in Delft Operation
May 22, 2025
Community
Taxi Carrying 49 Children to School
February 5, 2026
Community
Two Fatal Shootings Rock Cape Flats Communities
October 6, 2025
Community
Jongman Wreed in Scottsdene Vermoor
July 7, 2025

Recent Posts

  • Triple Murder Shocks Athlone
  •  Shadows of the Cape Flats
  • Nababeep Teen Missing – R75 000 Reward
  • Die Delft – en Maitland-Polisie  het  Hard Toegeslaan
  • State Seizes R90 000 in Cash

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown