Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Man kry Lewenslank vir Minderjarige se Verkragting

Posted on October 11, 2025October 11, 2025 By The Editor
Community

Media verklaring

Mitchells Plain:- ‘N man is deur die Mitchells Plain Streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis, nadat hy skuldig bevind is aan tien aanklagte van verkragting van sy swaer se minderjarige dogter.

Die misdrywe het begin toe die kind net ses jaar oud was en het oor byna nege jaar voortgeduur.

Die hof het ook beveel dat sy naam opgeneem word in die Nasionale Kinder beskermings register én die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders. Hy is verder onbevoeg verklaar om met kinders te werk of ’n vuurwapen te besit.

Volgens aanklaer Sergio Lorenzo Goff het die eerste verkragting plaasgevind, toe die kind se ouers en die beskuldigde se vrou by ’n kerkfunksie was.  Hy het haar na hul wendyhuis geroep,  haar ontklee en verkrag.  Daarna het hy haar herhaaldelik misbruik, selfs by sy werk, en haar gedreig om stil te bly.

Die waarheid het uitgekom toe die slagoffer haar skool se versorger vertel het dat die beskuldigde haar aan haar borste en privaat dele geraak het.  Dit het tot ’n polisieondersoek gelei.

Tydens die verhoor het die beskuldigde ontken en beweer sy familie het hom “ingelê” oor ’n gesinskonflik.  Sy vrou, wat die slagoffer se suster is, het hom probeer verdedig, maar erken onder kruisondervraging, dat sy en haar man die hofgetuienis vooraf bespreek het.

Goff het gesê die beskuldigde het geen berou getoon nie en die kind se lewe verwoes. “Sy het haar onskuld verloor aan iemand wat sy as haar eie boeta vertrou het,” het hy gesê.

Adv. Nicolette Bell,  Direkteur van Openbare Vervolgings in die Wes-Kaap, het die vonnis verwelkom en die ondersoek- en vervolgingspan geprys vir hul toegewyde werk.  “Hierdie uitspraak stuur ’n duidelike boodskap dat geregtigheid vir kinders altyd beskerm sal word,” het sy gesê.

Media woordvoerder:  Eric Ntabazalila – Nasionale Vervolgingsgesag, Wes-Kaap

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
Next Post: Young Lives – Brighter Stations ❯

You may also like

Community
Water Supply Disruption – Parts of Fish Hoek, Masiphumelele, Sun Valley & Sunnydale
October 2, 2025
Community
Hopefield Voices Demand Answers
August 2, 2025
Community
 Safety Alert – Cape Town and Surrounding Areas 
November 18, 2025
Community
Young Man Shot Dead While Working on Car in Broad Daylight
November 11, 2025

Recent Posts

  • Triple Murder Shocks Athlone
  •  Shadows of the Cape Flats
  • Nababeep Teen Missing – R75 000 Reward
  • Die Delft – en Maitland-Polisie  het  Hard Toegeslaan
  • State Seizes R90 000 in Cash

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown