‘N lewensles vir baie van one…!
Eendag het ’n biljoenêr afskeid geneem van sy getroue sekretaresse wat ná jare se diens met aftrede vertrek het, en uit dankbaarheid wou hy vir haar ’n paar miljoen rand gee. 
Hy wil seker maak dat sy nooit weer oor geld hoef te bekommer nie.
Tot sy groot verbasing glimlag sy en sê sagkens:
“Dankie, Meneer… maar ek het al klaar my eie biljoene.”
Verward vra hy:
“Maar hoe op aarde?
Jy het tog nooit meer as vyf- of sesduisend ’n maand verdien nie!”
Sy antwoord kalm:
“Ek het net stil-stil gekyk en geleer. Elke keer as u grond gekoop of in aandele belê het, het ek dieselfde gedoen, net op ’n kleiner skaal. Wanneer u miljoene gemaak het, het ek honderde duisende gemaak. En toe u biljoene gemaak het… het ek my eie miljoene gemaak.
Lewensles:
Met wie jy jouself omring, maak ál die verskil, want daar is mense wat jou energie tap, en mense wat jou laat groei.
Bye lei jou altyd na blomme, omring jouself dus met mense wat jou inspireer om beter te word, nie bitter nie.
Wanneer jy saam met wyse mense loop – word jy wys.
Wanneer jy saam met gedrewe mense loop – begin jy hoër mik.
Wanneer jy saam met dromers loop – leer jy om groter te droom.
Maar as jy jou tyd saam met klaers en negatiewe mense spandeer,
sal hulle jou net af trek.
👉 Kies jou kring wys.
👉 Bou ’n omgewing wat groei aanmoedig.
👉 En wees self daardie lig wat ander mense ophef. ✨

