Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Oë rek terwyl polisie vermiste se woning fynkam.

Posted on February 5, 2026February 5, 2026 By The Editor
Community

Verslaggewer – Isaac Cloete

NABABEEP:- Ongekende belangstelling het vandag op Nababeep geheers terwyl die polisie die woning van n vermiste seuntjie deursoek het.

Foto Verskaf – David Waterboer.

Dit is die ouerlike woning van David Waterboer, wat in 2025 net spoorloos verdwyn het.

Nababeep-inwoners het vertel dat hulle Woensdag bewus geword van die vele polisie-beamptes by genoemde woning.

En toe begin die gonsery, dat die forensiese afdeling en speurders opsoek was vir moontlike leidrade wat met die verdwynimg van David verband kan hou.

Kapt Ivan Magerman, die polisie-segspersoon op Springbok het gesê dat dit n normale polisie-ondersoek was voortspruitend uit David se verdwyning op 7 Februarie, 2025

“Die Namakwa-taakspan was besig met roetine-ondersoeke by die Waterboer-woning in Nababeep.

“Hierdie is voortdurende polisie-ondersoeke na die verdwyning van David Waterboer in Februarie 2025.

“Die gemeenskap sal met inligting opgedateer word soos die ondersoek ontvou.

“Die polisie is bewus van die gemeenskap se bekommernisse en versoek dat hulle die polisie toelaat om hul ondersoek voort te sit, leidrade te ondersoek en op te volg.”

Nababeep-inwoners het steeds met verskeie teorieë na vore gekom, waarom die polisie juis nou dié week die Waterboer- woning gaan fynkam het. Voorts hoop hulle dat daar uit eindelik konkrete en geloofwaardige inligting na vore sal kom, om David se raaiselagtige verdwyning te help oplos.

Intussen is n kerkdiens vir David gereël vir Saterdagaand, 7 Februarie, 18:00. Op hierdie datum sal David presies n jaar vermis wees.

Die heilige mis sal by die Rooms-Katolieke kerk, Nababeep, plaasvind.  Inwoners word versoek om kerse te bring en wit te dra.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Afrikaanse Komedie Verloor ‘n Groot Gees
Next Post: Taxi Carrying 49 Children to School ❯

You may also like

Community
Murder Probe Launched After Body Found
July 27, 2025
Community
Maak seker jou kind is geregistreer vir Graad 8 in 2026!
March 27, 2025
Community
Gemeenskap se Inkomste Stop – Skietbaan Maak Weer Oop in Hopefield
May 27, 2025
Community
Violent Crimes – Across Western Cape
April 19, 2025

Recent Posts

  • Triple Murder Shocks Athlone
  •  Shadows of the Cape Flats
  • Nababeep Teen Missing – R75 000 Reward
  • Die Delft – en Maitland-Polisie  het  Hard Toegeslaan
  • State Seizes R90 000 in Cash

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown