Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Afrikaanse Komedie Verloor ‘n Groot Gees

Posted on February 5, 2026February 5, 2026 By The Editor
Community

Die afgelope week het n groot storieverteller sy tydelike tuiste met die ewige gewissel.

Verslaggewer – Isaac Cloete

SPRINGBOK:- Oom Arno van Zyl (82) van Springbok het die Vrydag in Kaapstad gesterf, nadat hy ook vroeër n beroerte gehad het.Soos sy groot vriend, wyle Tolla van der Merwe, word van Zyl beskou as een van die land se groot storie-vertellers.

Van Zyl se storievertellery kom ‘n lang pad aan. Sover terug soos die 1950’s toe hy as knapie geluister het na die kostelike en humoristiese staaltjies van die Scheuders (sy ma se familie).
“Ek kon my verluister aan my oom se stories.
“Party die waarheid, ander weer opgemaak en ander weer nader aan die waarheid, maar lekker ingevul met inligting wat die waarheid was,” het hy op n stadium gesweer.
Hy was op Garies gebore, waar hy ook as n opgeleide onderwyser skoolgehou het. Nadat hy prokureur geword het, het hy op Springbok gewoon.

Dit was tydens hierdie periode dat hy bekendheid verwerf het met die unieke wyse van storie-vertelling. Veral sy stadige en bedeesde manier hoedat hy met sy Namakwalandse dialek stories kon oordra, sal nog vir lank onthou word.

Nadat hy in 1988 op televisie verskyn het, as gaskunstenaar op, Spies en Plessie-met
Permissie, het hy alombekend geword. Hiervoor was hy baie dankbaar teenoor Johan Stemmet (Noot vir Nootfaam) wat hom aan Ollie Viljoen bekend gestel het.
Die res is gekiedenis, want hierna het hy opgetree in tv-geselsprogramme soos, So staan die manne en Maak ‘n las.
In 2006 het sy eerste boek, Die lang pad terug, verskyn. Dit bevat hoofsaaklik verhale van Namakwaland-sommige vreksnaaks of met ‘n humoristiese inslag.
Tydens n onderhoud in 2009, het Van Zyl (ewe droog) oor sy boek gesê:
“…maar op ‘n dag het ek besef dat hierdie goed sulke juweeltjies is dat dit behoue moet bly.”
In sy later jare het hy ook op die televisie reeks, OppieStoep, sy komiese staaltjies met verskeie storievertellers soos Alan Hughs, n ander Namakwalander van Nababeep, gedeel. Asook antie Katriena van Kuboes. En natuurlik Lyntjie Jaars (nou mede-aanbieder van OppieStoep)
En terwyl huldeblyke en veral medelye van orals instroom, rou die Noord-Kaap en veral Namakwalandse mense oor hul gevalle Grootgees.

Baie bestempel hom as een van die Springbok-omgewing se groot trekpleisters, n ambassadeur, mense-mens, kuktuur-uitstraler, grapjas, ensovoorts.

Ja, n seder wat nie weer sal opstaan nie, maar sy stories sal bly voortleef, soos die waaigeluide van die suid-oostewind in Namakwaland.

Pietman Geldenhuys, aanbieder van OppiStoep, is Van Zyl se skoonseun.

Hy het hartroerend gesê: “Dankie vir pa se rigting wys, kennis deel, humorsin, saamsing, vuurmaak, blomme-kundigheid, Namakwa-passie en argumente.

Foto verskaf.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Van Dors na Verdrink in Dieselfde Provinsie
Next Post: Oë rek terwyl polisie vermiste se woning fynkam. ❯

You may also like

Community
Allegations of Negligence at District Hospital
February 4, 2025
Community
Fatal Shooting of Brothers in Khayamandi
July 11, 2025
Community
Honouring Joshlin Smith
February 19, 2025
Community
Milnerton Hoërskool Skok ná Geweldsvoorval
October 27, 2025

Recent Posts

  • Massa Skietery in Kalksteenfontein
  • Olie Prysskok weens Midde Ooste oorlog
  • CCN Exclusive: Hanover Park Chaos
  • Drie mans vanoggend doodgeskiet by taxi staanplek
  • Soccer Night Turns Deadly

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown