Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Eienaardige Ongeluk Lei tot Tragedie

Posted on February 16, 2026February 16, 2026 By The Editor
Headline

Werker van Checkers Sterf in Diens

Verslaggewer — Isaac Cloete

SPRINGBOK:- Personeel van Checkers in Springbok is steeds geskok na die vreemde dood van ‘n werker hier oor die naweek.

Foto  verskaf – Chriselda Bezuidenhoudt van Vaalhoek, Okiep.

Volgens betroubare inligting het die ongeluk Saterdag gebeur voor die winkel sou toemaak.

n Bron het gesê dat n dame, wat as skoonmaker by Checkers gewerk het, vroeër hierdie dag tragies gesterf het, nadat  ‘n winkelrak op haar geval het.

“Sy het vermoedelik n aanval gekry en toe aan die winkelrak gegryp om haar balans te behou.”  Die slagoffer was op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.

Die Springbok SAPS het die voorval bevestig en gesê dat dit ondersoek word.

Volgens kapt Ivan Magerman,  polisie- woordvoerder, het die voorval by n plaaslike voedselwinkel teen ongeveer 16:55, gebeur.

“Daar word beweer dat die vroulike werknemer haar balans verloor het en in ‘n poging om haarself te stabiliseer, het sy na ‘n rak gereik. “Ongelukkig het die rak meegegee en op die vrou geval, wat tot haar dood gelei het. Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.

Intussen is die slagoffer geidentifiseer as die 42-jarige Chriselda Bezuidenhoudt van Vaalhoek, Okiep. Medelye stroom steeds in na haar vreemde sterfte wat soos n soort fratsongeluk vir sommige mense begin lyk.

Heidi Stone, takbestuurder van Checkers kon nie vir kommentaar bereik word nie, ten spyte van oproepe en boodskappe aan haar.

Enige persoon met inligting kan sersant Arno Heyns kontak by 082 495 5258 of alternatiewelik die SAPS MISDAADSTOP NOMMER 086001011 skakel.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Taxi Rank Shooting
Next Post: State Seizes R90 000 in Cash ❯

You may also like

Headline
High Voltage Power Outage Update
April 23, 2025
Headline
Hooggeregshof wys DA Appél van die Hand
May 9, 2025
Headline
Peter de Villiers Faces Court
March 31, 2025
Headline
Vermiste Jongman se Ontbinde Lyk Gevind na Vyf Maande
September 12, 2025

Recent Posts

  • Triple Murder Shocks Athlone
  •  Shadows of the Cape Flats
  • Nababeep Teen Missing – R75 000 Reward
  • Die Delft – en Maitland-Polisie  het  Hard Toegeslaan
  • State Seizes R90 000 in Cash

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown