Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Hooggeregshof wys DA Appél van die Hand

Posted on May 9, 2025 By The Editor
Headline

Oor ANC-kaderontplooiing

Berig – George April

PRETORIA:-Die Hooggeregshof in Pretoria het die Demokratiese Alliansie(DA) se aansoek om verlof tot appèl,  Woensdag 7 Mei van die hand gewys.

Dit ná die DA se mislukte poging vroeër vanjaar, om die African National Congress (ANC) se kader ontplooiings beleid ongrondwetlik te laat verklaar.

Die hof het bevind dat die DA se appèl “geen redelike vooruitsig op sukses” het nie en dat daar geen dwingende rede bestaan waarom die saak hersien moet word nie. Die DA het aangevoer dat die ANC se beleid dienslewering benadeel en bots met die Grondwet, spesifiek artikel 197(3), wat bepaal dat staatsamptenare nie bevoordeel of benadeel mag word op grond van politieke oortuigings nie.

Volgens die hof het die DA egter nie daarin geslaag om spesifieke grondwetlike oortredings binne die beleid aan te dui nie, en is hul saak op veronderstellings gebaseer. Die oorspronklike uitspraak waarin die DA se aansoek verwerp is, is op 21 Februarie 2024 gelewer.

Die ANC het die jongste beslissing verwelkom en aangedui dat hulle voortgaan met hul beleid om bekwame en lojale kaders in sleutelposte aan te stel.

Die DA het nognie aangekondig of hulle verdere regsaksie gaan oorweeg nie.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Major Power Outage – Infrastructure Vandalism
Next Post: Shotspotter Tech Exposes Gunfire Epidemic ❯

You may also like

Headline
Trio in Verband met Besigheidsroof – In Hegtenis
October 4, 2025
Headline
Gunfire Echoes Freely Across the Cape Flats
July 5, 2025
Headline
“While the Country Bleeds, Politicians Play with Matches”
May 22, 2025
Headline
BREAKING: Five Suspects Arrested for Quadruple Murder
March 9, 2026

Recent Posts

  • Three Arrested as Joint Operations Seizes
  • 🔥Die Politieke Waarheid
  • Polisiekonstabel in Delft Gearresteer weens Korrupsie
  • Young Netball Player Seeks Community Support
  • Kropz and Trollope Remain Silent

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown