Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Bendeslagting ruk Vygieskraal

Posted on April 15, 2025April 17, 2025 By The Editor
Community

Twee dood, een gewond, en die regering bly stil

Berig:- George April

Athlone:- Nog ‘n hardcore misdaad ruk handuit op die Kaapse Vlakte,  en die strafproses lyk al hoe meer soos ‘n flou grappie.

Wanneer gaan die regering uiteindelik die realiteit besef en daadwerklik optree?

’n Nuwe vlaag van bendegeweld het hierdie week in Vygieskraal, Athlone uitgebreek, waar spanning tussen die Fancy Boys en die Junky Funky Kids (JFK) bendes in ‘n bloedbad ontaard het.

Volgens polisiewoordvoerder Sersant Zita Norman is twee mense dood en een gewond sedert Woensdag. Die eerste voorval het in die Vygieskraal informele nedersetting plaasgevind waar ’n 25-jarige man, vermoedelik ’n lid van die Fancy Boys, doodgeskiet is.

Net die volgende oggend is die liggaam van ’n 35-jarige man met veelvuldige skietwonde op Canalweg gevind. Die toneel het oorblyfsels van geweld agtergelaat – 70 patrone en drie lewendige rondes is deur die polisie opgetel.

In ’n aparte voorval is nóg ’n 25-jarige man buite ’n huis in Pearl Crescent aangetref. Hy was in sy been en arm geskiet en na die hospitaal geneem.  Twee huise is ook deur skote getref toe gewapende mans glo op soek was na teenstanders.

Stadsraadslid Aslam Cassiem het bevestig dat hy in gesprek is met SAPD en dat ’n addisionele intelligensie-eenheid ontplooi is in die area. Wetstoepassers het begin met sigbare patrollies en ondersoeke is aan die gang.

Maar vir baie inwoners is dit te min, te laat. Gemeenskappe word vasgevang tussen koeëls en beloftes, en intussen faal die geregstelsel daagliks hulle wat beskerming die meeste nodig het.

Wanneer gaan die regering wakker skrik en die oorlog in ons strate ernstig opneem?

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Flying Squad makes Big Bust
Next Post: Elderly Disabled Man Robbed ❯

You may also like

Community
Malls Tighten Security Amid Teen Violence Concerns
June 30, 2025
Community
Rocklands Rocked by Deadly Shooting
April 30, 2025
Community
Opwindende Internskap Geleentheid
April 4, 2025
Community
  Tensions Rise in KwaWadi 80
July 11, 2025

Recent Posts

  • Tragic Start to Ramadan
  • Triple Murder Shocks Athlone
  •  Shadows of the Cape Flats
  • Nababeep Teen Missing – R75 000 Reward
  • Die Delft – en Maitland-Polisie  het  Hard Toegeslaan

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown