Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

“Gemeenskap Staan Saam – Geregtigheid vir Charlie en Gavin”

Posted on August 19, 2025August 19, 2025 By The Editor
Community

HOPEFIELD: –  Die families van Charlie Pellis en Gavin Pietersen, wat in Augustus 2024 in Oyster Place, Atlantis wreed doodgeskiet is, doen ’n dringende beroep op gemeenskappe om hulle te steun.

Berig- George April Twee verdagtes is in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Hulle het Vrydag in die Atlantis Landdroshof verskyn waar die saak uitgestel is tot Woensdag, 20 Augustus 2025, wanneer die beskuldigdes borgtog aansoek gaan doen.  Een van die verdagtes, Adrian Davids, het reeds kort voor die hof verskyning voor ’n regter gestaan. Die tweede verdagte, wat tans in die Malmesbury Gevangenis aangehou word op ’n onverwante klag, sal nou saam met Davids as mede-beskuldigde die hof in die saak van moord en roof in die gesig staar.

Families vra: “Geen borgtog!”

Die families van die slagoffers, waaronder Gavin Pietersen se familie wat in Bloemstraat, Hopefield woon, het die afgelope naweek begin om in hul gemeenskappe petisies te versprei. Hierdie petisies het ten doel om borgtog vir die beskuldigdes te verhoed.

Volgens die families is dit ondenkbaar dat die verdagtes vrygelaat sou kon word, terwyl die herinnering aan die grusame skietdood van die twee jong mans nog vars is. “Ons vra nie net vir onsself nie, maar vir die hele gemeenskap se veiligheid,” het ’n familielid gesê.

Gemeenskap word opgeroep

Die families vra dat inwoners van Atlantis, Hopefield en omliggende dorpe saamstaan en die petisies onderteken. Elke handtekening sal help om ’n duidelike boodskap aan die hof oor te dra, dat die gemeenskap hierdie misdaad ernstig opneem en dat geregtigheid vir Charlie en Gavin geskied.

“Ons kinders se lewens is wreed weggeneem.  Dit is ons plig om te keer dat die verdagtes weer terug op die strate kom,” lui die beroep.

CCN doen ’n beroep op almal wat glo in geregtigheid om die families van Charlie Pellis en Gavin Pietersen te ondersteun deur die petisies te teken.

 Saam kan ons ’n verskil maak.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Agt Verdagtes Vas oor Moord in Tuinroete
Next Post: Provinsiale Kommissaris besoek Muizenberg en Steenberg ❯

You may also like

Community
From Manenberg to the High Court
November 11, 2025
Community
Miranda Schrader -Raadspeletjie?
January 30, 2025
Community
Twee skietvoorvalle eis lewens in Mitchells Plain
July 2, 2025
Community
Nababeep – Vrou in Hegtenis vir Dwelm Verwante Aktiwiteite
December 14, 2025

Recent Posts

  • Van Beskuldigings tot Verwelkoming
  • Verpleegsters by Springbok-Hospitaal Slaan Noodalarm
  •   Exciting Opportunities Ahead –  WCSS Prepares
  • BERGRIVIER MUNISIPALITEIT SE SUKSES
  • Western Cape Police Crack Down

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown