Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Bendegeweld Eis Lewens in Mitchells Plain

Posted on July 4, 2025July 4, 2025 By The Editor
Community

CNN Verslaggewing

MITCHELLS PLAIN:-  Die Wes-Kaapse. polisiediens het ’n klopjag van stapel gestuur ná ’n bloedige middag in Mitchells Plain, waar vyf mense gister  doodgeskiet en sewe ander gewond  was.

Dit nadat verskeie skietvoorvalle wat vermoedelik met bendegeweld verband hou, plaasgevind het

Volgens inligting van die toneel het die eerste voorval omstreeks 12:30 in Beaconvallei plaasgevind, waar vyf mense by ’n snoepie geskiet is. Twee het op die toneel gesterf, en drie is met skietwonde hospitaal toe geneem.

Kort daarna, ook in Beaconvallei, is nog vier mense by ’n ander snoepie geskiet. Een persoon is dood en drie is gewond.

In ’n derde voorval, steeds in Beaconvallei, is nog ’n persoon geskiet en gewond.

Die geweld het egter nie daar gestop nie. In Tafelsig en by die Town Centre is nog twee mense onderskeidelik in afsonderlike skietvoorvalle dood.

Volgens die polisie word al hierdie insidente verbind aan bende-aktiwiteite. Sake van moord en poging tot moord is geopen, en speurders van die Anti-Bende-Eenheid is besig met die ondersoek.

Intussen is daar bykomende sigbare polisiëring en gesamentlike operasies in die gebied ontplooi om verdere geweld te voorkom. Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie, maar die soektog na die verdagtes duur voort.

Bron: SAPD _ www.saps.gov.za

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Mitchell’s Plain Bleeding
Next Post: Isreal – Die Jode Van My Jeug ❯

You may also like

Community
SAPD Waarsku Ouers en Gemeenskappe
September 16, 2025
Community
Young Man Nabbed with Fire Arm & Extended Magazine
April 22, 2025
Community
CCN Reporters Express Condolences
November 10, 2025
Community
A Lifeline for Street Kids
April 4, 2025

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown