Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Vermeende Verkragters se Borgtog Aansoek Uitgestel

Posted on February 25, 2025February 25, 2025 By The Editor
Headline

MOORREESBURG – Die formele borgtogaansoek van twee polisielede van Moorreesburg, wat aangekla is van die beweerde verkragting van ‘n 27-jarige vrou van dieselfde dorp, is Maandag uitgestel tot Woensdag, 5 Maart.

Die beweerde misdaad het op 8 Februarie 2025, plaasgevind, en die twee beskuldigdes is eers, Saterdag 15 Februarie, in hegtenis geneem. Hulle het vir die eerste kere in die Moorreesburg hof verskyn op  17 en 18 Februarie.’

N Uitkenningsparade is Maandagoggend, voor die hof verskyning, gedoen, waartydens die klaagster glo die twee mans positief geïdentifiseer het as diegene wat haar verkrag het. Later die middag het die beskuldigdes vlugtig in die hof verskyn voordat hul borgtogaansoek na Woensdag 5 Maart uitgestel was. Betroubare bronne dui aan dat DNS-bewyse nog nie beskikbaar is nie, wat moontlik tot die uitstel van die borgtogproses gelei het.

Gemeenskap erg verdeeld oor borgtog

Dit is egter die inwoners van die Swartlandse dorp wat Maandag die meeste aandag getrek  het. Soveel as 900 inwoners het petisies onderteken ten gunste van borgtog vir die twee beskuldigdes, terwyl omtrent dieselfde getal tekenaars borgtog ten sterkste teenstaan.

Cap Coast News het Dinsdagoggend mense van Rosenhof in Moorreesburg op straat gepols oor hul mening oor die borgtogaansoek.

“Ek stel nie belang in die saak nie,” was die antwoord van die eerste vrou, terwyl twee ander vroue verkies het om stil te bly en geen kommentaar te lewer nie.

“As die polisie ernstig is om misdade soos verkragting te veroordeel, veral deur hul eie lede, sal daardie twee nie borgtog kry nie,” het ‘n man gesê, ‘n mening wat deur twee vriende beaam is.

Openbare veroordeling van polisie vergrype

Die aanklagte teen die twee polisielede plaas weereens die kollig op misdade wat deur wetstoepassers gepleeg word.  Die gemeenskap spreek hul misnoeë uit oor die skynbare patroon waar polisielede, wat veronderstel is om burgers te beskerm, self ernstig aangekla word van misdade.

’n Verslag deur die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) wys daarop dat sekere lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gereeld betrokke is by ernstige misdade, insluitend gewapende roof, verkragting en selfs moord.  Dit beklemtoon die dringende behoefte aan herstrukturering en sterker interne aanspreeklikheid binne die polisie.

Die publiek veroordeel enige vorm van misdaad, maar veral dié wat deur polisielede gepleeg word, aangesien dit nie net hul geloofwaardigheid ondermyn nie, maar ook die regstelsel in sy geheel. Die gemeenskap van Moorreesburg wag in spanning om te sien hoe die hof hierdie saak hanteer en of geregtigheid sal seëvier.

— Cape Coast News

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Is Loadshedding Over –
Next Post: Manenberg Loadshedding Killings ❯

You may also like

Headline
Man 25 Jaar Tronkstraf vir 3 Moorde
August 6, 2025
Headline
‘N Jongman se Lewe Staan Stil – Matriek Fout
June 15, 2025
Headline
Dag 2 – Joshlin Smith verhoor.
March 4, 2025
Headline
Laingville Resident’s Renew Calls for a Local High School
October 1, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown