Berig – George April
KAAPSTAD – Lede van die Maitland Vlieënde Eskader het Maandag, 7 April 2025, tydens patrollies in Khayelitsha op verdagte aktiwiteite afgekom.
Dit was nadat ‘n klagte van ‘n inwoner ontvang was. Die klaer het gerapporteer dat twee onbekende mans hom oomblikke tevore op die Mew Way-brug probeer beroof het. Gelukkig kon hy ‘n duidelike beskrywing van hul kleredrag gee.
Die polisie het dadelik ‘n soektog begin en die verdagtes opgespoor op die N2-afrit vanaf Mew Way. Toe hulle die polisie sien nader kom, het hulle probeer vlug, maar is vinnig ingehaal en in hegtenis geneem. Tydens ‘n deursoeking is ‘n vuurwapen met twee rondes ammunisie in die besit van een van die verdagtes gevind.
Die verdagtes is gearresteer en sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van poging tot roof en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
Die polisie het intussen ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om misdaad aan te meld en samewerking met wetstoepassers te handhaaf.