Berig – George April
Piketberg:- Bergrivier Munisipaliteit het op 19 April 2025 hul 4de jaarlikse Mayoral Paasrugbybeker by Rhino Park Stadion in Piketberg met groot sukses aangebied.
Meer as 4,000 toeskouers het saamgetrek om plaaslike spanne van regoor die streek te sien meeding, en het die dag in ‘n fees van sport, gemeenskapsgees en ekonomiese groei verander.
Piketberg RFC, oftewel die “Rhino’s Club,” het die “Groot UItdaag” afdeling gewen deur Velddrif RFC met 13-12 te klop, terwyl Zebras Rugby Club van Piket-Bo-Berg die “Streeksuitdaag” afdeling gewen het ná ‘n oorwinning van 24-17 oor Aurora Rugby Club.
Die dag het ook plaaslike klein en medium besighede (SMEs) ‘n platform gebied om hul produkte aan te bied en te verkoop, wat ‘n welkome hupstoot vir die plaaslike ekonomie beteken het.
Alderman Van Rooy, Uitvoerende Burgemeester, het die hoë vlak van plaaslike talent en die rol van sport om gemeenskappe te verenig, geloof.
Bergrivier Munisipaliteit bedank alle borge vir hul ondersteuning om die dag ‘n sukses te maak.