Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

“Ons Bloed Kloof Die Strate”

Posted on May 15, 2025May 15, 2025 By The Editor
Community

Maar die leiers sê dis “onder beheer”

Berig – George April

KAAPSE VLAKTE: ’n Skokkende video wat die naweek op sosiale media versprei is, het ’n storm van reaksie ontlok en laat inwoners ernstige vrae vra oor veiligheid in die provinsie.

In verskeie tonele word gesien hoe bendelede mekaar openlik op straat skiet en uitmoor, terwyl voertuie ongestoord verbybeweeg.   Die aanvallers herlaai hul vuurwapens koel en metodies, soos in ’n aksiefilm, en skiet dan verder, asof dit ’n alledaagse verskynsel geword het.

’n Taxi-bestuurder lê ernstig gewond op die sypaadjie en die beeld toon duidelik dat hy nog asemhaal.  In ’n ander toneel sien mens die liggaam van ’n man,  glo ’n bekende bendelid,  onbedek en in ’n plas bloed, terwyl gangsters steeds rondom hom skiet.  Kinders en inwoners staar verskrik uit hulle woonstelle na die skrikwekkende gebeure.

Nog ’n grusame voorval wys ’n man wat sy mobiele winkel oopmaak, net om van buite koelbloedig doodgeskiet te word. Dit  sonder waarskuwing, sonder genade, terwyl hy lê en  krul op die grond, terwyl sy bloed stadig langs hom uitloop.

Een van die beelde in die video wys selfs die liggaam van die man wat onlangs in die Wynberg-hof doodgeskiet is, vergesel van die opskrif: “Silent Race.”

En te midde van hierdie bloedige realiteit, sê die Wes-Kaapse SAPD-kommissaris, lt.gen. Thembisile Patekile-

“Misdaad is onder beheer in die Wes-Kaap.”

Hierdie stelling is nie net onwaar nie,  dit is onmenslik, is die menings van inwoners onderaan die video wat op verskeie sosiale media platvorms versprei en gedeel word.

Selfs die naam van die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid, Anroux Marais, verskyn in die video met ’n aanhaling waarin sy weer eens LEAP verdedig en die ontplooiing van die weermag verwerp.

Maar inwoners vra-

Hoeveel mense moet nog sterf voordat LEAP as onvoldoende erken word?

FACSA en ander burgerregtegroepe sê die tyd vir beleefdheid is verby.

“LEAP is vir prentjies en toere, nie vir oorlog nie,” sê een aktivis.

Wie dra werklik skuld?

Ook onder skoot is JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, wat sedert 2016 die ShotSpotter-tegnologie as ’n “sukses” voorhou.

Maar die gemeenskap vra nou-

Watter sukses?
Watter arrestasies?
Watter veiligheid?

Of is dit nog net ’n politieke rookskerm om SAPD sleg te laat lyk en blame te verskuif?

Wat sê die mense?

Die kommentaar onder die video spreek boekdele-

  • Stefanie Lucas: “Is so hartseer om te sien hoe hulle mekaar dood maak.”
  • Brian Cloete: “My kinders moes toesien hoe daai man geskiet word, hulle slaap nie meer nie.”
  • Rafiek Samuels: “LEAP is ’n grap.  Ons het soldate nodig,  nie politieke toespraakmakers nie.”
  • Leona Michaels: “Dis oorlog hier,  maar die leiers eet saam ministers en gooi wyn.”

Die vraag wat nou in almal se harte brand-

“Is ons lewens minder werd as toerisme en politieke beeld?”

Dis tyd dat iemand verantwoording doen.
Dis tyd dat ons nie meer wag nie – dis tyd dat ons opstaan.

#FACSA #StopDieGeweld #CapeFlatsCrisis #WaarIsJP #WaarIsAnroux #OnsSterfDaagliks

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Gunshots Fired During Funeral
Next Post: Robbery Suspects Caught ❯

You may also like

Community
Moenie Opgee Nie – Jou Toekoms Begin Vandag!
May 12, 2025
Community
Stitched with Love
March 27, 2025
Community
Flying Squad Nabs Suspects
August 27, 2025
Community
24 Firearms Seized, 67 Arrested – Western Cape Police Crackdown on Gang Violence
June 23, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown