Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Kalbaskraal in skok ná verdwyning van jongman

Posted on May 23, 2025May 24, 2025 By The Editor
Headline

 Derde aanval wek vrees

Berig – George April

KALBASKRAAL:-  Inwoners van Kalbaskraal is in ’n toestand van vrees en woede nadat Oswell Tieties (24) Sondagaand, 18 Mei, brutaal aangerand is en daarna in die kattebak van ’n motor geforseer en weggevoer is.

Shafiek Dreyr, ook bekend as “Fiekie word gesoek vir ‘n Kalbaskraal jongman wat eers aangerand en toe blykbaar ontvoer was.

Sedertdien is daar geen spoor van hom nie, en die gemeenskap eis antwoorde.

Volgens ’n plaaslike gemeensklapsleier,  Chief Henry Haas, is hierdie die derde aanval op jong mans in die gebied wat glo verbind word aan dieselfde verdagte.  Henry het vertel dat die vermeende aanvaller, Shafiek Dreyr, ook bekend as “Fiekie”, tans hof toe gaan in Malmesbury vir ’n vorige aanval op ’n ander jong man in Kalbaskraal.

“Dis asof daar geen geregtigheid is nie, ons kinders word geteiken en dan gebeur daar niks,” het Henry aan Cape Coast News (CCN) gesê.

Henry het ’n foto op die CCN WhatsApp-groep gedeel van die vermeende verdagte en gesê dat Dreyr gesoek word vir die verdwyning van Oswell.  Volgens hom is Oswell deur Dreyr na ’n sekere plek gelok en toe wreed met ’n mes aangerand, vermoedelik met die hulp van ander plaaslike inwoners.  Ná die aanval is Oswell glo in die kattebak van ’n silver Mercedes geplaas en weggevoer. “Niemand weet egter wat die registrasie nommer van die voertuig was nie,” het Henry op navrae reageer.

Oswell Tieties (24) word gesoek.

Die enigste leidraad tot dusver is ’n foto van ’n bloedplas, wat Henry in ’n private gesprek met  CCN gedeel het.

Die foto was glo op die toneel van die aanval geneem.

Die Malmesbury-polisie is tans besig om die verdwyning van Oswell te ondersoek, maar CCN het besluit om nie weer navraag te doen nie, ná herhaalde pogings in die verlede geïgnoreer is.

Die familie van Oswell Tieties asook die hele Kalbaskraal-gemeenskap verkeer in spanning, omdat niemand weet of hy nog leef nie.

Die publiek word dringend gevra om enige inligting rondom Oswell se verdwyning, of die verdagte aan die Malmesbury-polisiekantoor deur te gee.

Enige leidraad kan van kardinale belang wees om hom op te spoor en geregtigheid te laat geskied.

Foto van Mercedes – Oswell was in ‘n soortgelyk motor ontvoer.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Bomb Threat at Al-Waqiah Academy – Mitchell’s Plain
Next Post: Judge Slams SAPS as Delays Stall High-Stakes Case ❯

You may also like

Headline
Awareness Story.
January 31, 2025
Headline
Hooggeregshof wys DA Appél van die Hand
May 9, 2025
Headline
Young Rugby Player’s Future Destroyed
June 30, 2025
Headline
Religious Group Fined After Table Mountain Fire
June 16, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown