CCN Nuusspan
Vredenburg:- West Coast College, die Institusie van Uitnemendheid, het ‘n nuwe befondsingsgeleentheid beskikbaar vir studente wat tans hul internskappe voltooi.
As jy tans studeer in een van die volgende programme, kan jy dalk kwalifiseer:
- Toerismebestuur
- Finansiële Bestuur
- Publieke Bestuur
- Bestuursassistent
- Menslike Hulpbronbestuur
- Gasvryheid en Katering
- Besigheidsbestuur
Kwalifiseringskriteria;
- Jy moet ‘n student wees by West Coast TVET College.
- Jy moet reeds ‘n werkgewer hê waar jy jou 18 maande diensopleiding doen, of tans jou diensopleiding doen sonder om befonds te wees.
Benodigde dokumente vir aansoek:
- ‘n Getekende bevestigingsbrief van jou plasing op die maatskappy se briefhoof (werkgewer).
- ‘n Opgedateerde CV met twee kontaknommers en ‘n e-posadres.
- Gesertifiseerde duidelike kopie van jou ID (voor- en agterkant).
- Gesertifiseerde kopie van jou Matrieksertifikaat.
- Gesertifiseerde kopie van jou N6-sertifikaat of ‘n Staat van Resultate.
Laaste dag vir indiening: 06 Junie 2025
Alle aansoekdokumente moet persoonlik ingedien word by die Sentraal Kantoor, Loedolfstraat 2, 7300, Vredenburg.