Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Ysterfontein Huisroof lei tot Arrestasies

Posted on June 23, 2025June 23, 2025 By The Editor
Community

Berig – George April

Yzerfontein:- Wat begin het as ‘n gewelddadige huisroof op Yzerfontein aan die Weskus, het Sondagaand  uitgeloop op ‘n hoëspoed-jaagtog, skote en die inhegtenisneming van drie verdagtes in Okavango straat in Brackenfell, Kaapstad.

Foto – Sosiale Media

Volgens polisiewoordvoerder het drie gewapende mans kort na 21:00 by ‘n woonhuis in Yzerfontein ingebreek.  Die rowers het met verskeie waardevolle items gevlug, insluitend selfone, skootrekenaars, juweliersware, televisiestelle, ‘n mikrogolfoond, sowel as ‘n gelisensieerde .38 Special-rewolwer en ammunisie.

Die verdagtes het in die huiseienaar se oranje Toyota Urban Cruiser gevlug, vermoedelik in die rigting van die N7-hoofweg.

Die Valke en Lede van die Flying Squad is onmiddellik ontplooi om die ontsnaproetes dop te hou. Die gesteelde voertuig is kort daarna op die N1, in die rigting van Paarl, opgemerk.

Volgens die polisierapport het die verdagtes probeer om polisievoertuie van die pad af te dwing tydens die jaagtog, wat ‘n lewensgevaarlike situasie geskep het.

Die jaagtog het voortgesit totdat die rowers van die N1 afgegaan het op Okavango-weg. Op die hoek van Frans Conradie-weg het hulle beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n paal vasgery.

Volgens kolonel Jakobus Marthinus, stasiebevelvoerder van Brackenfell-polisie, is daar verskeie skote afgevuur deur die agtervolgende lede van die Flying Squad om die verdagtes te neutraliseer.

Die drie verdagtes is op die toneel gearresteer. Polisieondersoeke duur voort.

Meer besonderhede sal volg sodra dit beskikbaar is.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: 24 Firearms Seized, 67 Arrested – Western Cape Police Crackdown on Gang Violence
Next Post: Middle East Conflict Trump “PEACEMAKER” Claim is…. ❯

You may also like

Community
The Khoisan Royal Houses
March 7, 2025
Community
K9- Unit Help Catch Five Suspects Within Hour
June 5, 2025
Community
Van Wendyhuis tot die President se Kantoor
October 13, 2025
Community
Our Parks Needs Urgent Maintenance
April 9, 2025

Recent Posts

  • Saldanha Bay se Nuwe Hoofstuk – André Truter Bedank
  • From Hurt to Strength –  Nadia’s Legacy
  • SKOK In Noord-KAAP
  • Fatal Shooting of Security Officer in KTC
  • High Court Grants Bail to 10 Anti-Gang Unit Members

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown