Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


BEHUISING – Feite vs Verwagtinge in die Weskus Distrik

Posted on July 17, 2025July 18, 2025 By The Editor
Headlines

Verslaggewing – CCN Nuus

Weskus:- Die hoop op ’n eie huis brand sterk in die harte van duisende inwoners van die Weskus Distrik, maar té dikwels word hierdie hoop aangevuur deur beloftes wat nie op beplanning of begroting gegrond is nie.

CCN het ondersoek ingestel na die werklike vooruitgang van behuising in die vyf munisipaliteite, binne die Weskus Distriksmunisipaliteit; Swartland, Saldanhabaai, Bergrivier, Cederberg en Matzikama.

🏠 Beplanning &  Werklikheid  Per Munisipaliteit.

Bergrivier (Piketberg, Porterville, ens.)

Bergrivier is tans die enigste munisipaliteit in die distrik waar behuisingsprojekte aktief aan die gang is. Inwoners van Piketberg en Porterville het onlangs huise begin ontvang onder die huidige provinsiale begroting vir 2024/2025. Volgens beskikbare inligting is verdere fases beplan vir voltooïng teen vroeg 2026.

Swartland (Malmesbury, Moorreesburg, Darling, ens.)

Swartland het beplande projekte wat in die 2025/2026-boekjaar moet afskop, mits die goedgekeurde begrotings van die Wes-Kaapse Departement van Menslike Nedersettings gerealiseer word. Prioriteitsgebiede sluit Malmesbury en Kalbaskraal in, maar presiese datums vir begin is nog nie bevestig nie.

Saldanhabaai (Saldanha, Vredenburg, Hopefield, ens.)

Geen aktiewe projekte is tans aan die gang in SBM nie,  maar daar is verwagtinge dat in die 2026/2027-boekjaar nuwe goedkeurings vir huisbou kan plaasvind,  maar veral in Vredenburg en Langebaan.  Hopefield is onder herbeskouing vir toekomstige ontwikkeling, maar geen fondse is tans bewillig nie.

Cederberg (Clanwilliam, Citrusdal, ens.)
Behuising in Cederberg sit reeds lank vas.  Daar is geen befondsde projek vir 2024/2025 nie,  hoewel die munisipaliteit ‘n versoek ingedien het vir grond ontwikkeling teen 2026.  Tot op hede is dit slegs op papier.

Matzikama (Vredendal, Lutzville, ens.)
Matzikama het projekte wat moontlik in 2025/2026 sal afskop, indien hul aansoek om behuisingsubsidies goedgekeur word.  Fokus sal waarskynlik op Vredendal wees.   Maar weereens, geen werkskontrakte is nog toegeken nie.

BEGROTING & WAARSKUWING

Die Wes-Kaapse regering het sowat R2.4 miljard in hul 2024/25-begroting vir menslike nedersettings geoormerk, waarvan ’n gedeelte aan die Weskus Distrik gaan.  Maar hierdie geld moet versprei word oor baie projekte,  van grond ontwikkeling tot elektrisiteit en water vir nuwe huise.

Waarskuwing aan inwoners:

Wees versigtig vir politieke beloftes wat nie deur amptelike begrotings en beplannings dokumente gesteun word nie.  Gemeenskappe kry dikwels hoop op grond van toesprake en besoeke, maar as daar geen tender, goedkeuring of begrotingslyn bestaan nie, is dit nie ‘n bevestigde projek nie.

Laat weet vir CCN waar jy bly en of daar in jou gebied bewerings is rondom behuising,  ons doen die navorsing namens jou!

CCN Nuus – Gemeenskap – Waarheid –  Verantwoordbaarheid.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: NUM – Marches on Black Mountain
Next Post: Cape Town’s Population Boom – Increases Pressure….. ❯

You may also like

Headlines
Scam Alert – Sassa Beneficiaries Targeted
August 6, 2025
Headlines
Kaapse Inwoner Slaan Alarm – “Genoeg is Genoeg”
August 4, 2025
Headlines
Huguenot Tunnel Reopens after Emergency Repairs
October 9, 2025
Headlines
Cape Town Teacher Jumps from moving Aber
December 12, 2025

Recent Posts

  • Massa Skietery in Kalksteenfontein
  • Olie Prysskok weens Midde Ooste oorlog
  • CCN Exclusive: Hanover Park Chaos
  • Drie mans vanoggend doodgeskiet by taxi staanplek
  • Soccer Night Turns Deadly

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown