Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Kalbaskraal nog in rou ná Oswell Tieties se dood

Posted on July 31, 2025August 1, 2025 By The Editor
Community

 Verdagte Uiteindelik in Grabouw Gearresteer, Gemeenskap Eis Geregtigheid

Verslaggewer – George April

 MALMESBURY:-  Die verdwyning van Oswell Tieties (24) het ’n tragiese einde gekry toe sy liggaam onlangs gevind is ná hy in Mei brutaal ontvoer is.

Die verdagte, Shafiek Dreyer, ook bekend as Fiekie, is in Grabouw gearresteer en sal Vrydag in die Malmesbury-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en moord.

Oswell is op Sondagaand, 18 Mei 2025, volgens getuies met ’n mes aangeval en daarna in die kattebak van ’n wit Mercedes geforseer.

Oswel se ontvoering het groot skok veroorsaak in Kalbaskraal en gemeenskapslede het CCN genader vir hulp.

Dit het later aan die lig gekom dat Shafiek Dreyer reeds voorheen beskuldig is van ’n aanval op ’n ander jong inwoner van Kalbaskraal, waarvoor hy reeds hof toe gegaan het. Gemeenskapslede meen hy het lank genoeg terreur in die area gesaai en moes vroeër gestop gewees het.

Ná CCN se publikasie van Oswell se ontvoering, is een van die vermeende mede-aanvallers van Oswell deur woedende gemeenskapslede aangerand. Dié man is later in Swartland Hospitaal oorlede aan sy beserings.  Hoewel dit ’n daad van vergelding blyk te wees, het gemeenskapsleiers gevra dat geweld nie met geweld beantwoord word nie.

Volgens ’n gemeenskapsleier:  “Het ons  lankal inwoners gewaarsku teen hierdie tipe aanvalle, nou is twee jong mans dood, en ons wil hê dat die ge reg uiteindelik sy werk moet doen.”

Die polisie het die arrestasie van Dreyer in Grabouw bevestig ná intensiewe ondersoekwerk, deur ‘n taakspan wat deur brigadier Bavuma saamgestel was.   Hy sal aangekla word van beide ontvoering en moord op Oswell Tieties, wie se familie en vriende steeds in skok verkeer.

Die Kalbaskraal-gemeenskap is verenig in hul eis vir geregtigheid, maar ook bewus daarvan dat selfregverdiging nuwe probleme bring.   Hulle doen ’n beroep op die Malmesbury-polisiestasie en die howe om dié saak ernstig op te neem en toe te sien dat geen verdere lewens verlore gaan nie.

Enige persoon met inligting rakende die saak of enige ander verdagtes word versoek om die Malmesbury-polisie dringend te kontak.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Attorney Arrested for Recording Police – Court Rules It Unlawful
Next Post: Paartjie Verskyn in Hof ná Verkoolde Liggaam  in Voertuig. ❯

You may also like

Community
Tragic Shooting in Kraaifontein Leaves Community in Shock
August 21, 2025
Community
Vuurwapen & Dwelms van Straat Af.
August 14, 2025
Community
Kraaifontein Double Murder Suspect Due in Court
September 16, 2025
Community
Before You Share – Verify: Joshlin Smith Has Not Been Found
May 12, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown