Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Klein Opkoms vir Hofsaak – Borgtog Aansoek Uitgestel

Posted on September 1, 2025September 1, 2025 By The Editor
Community

Reporter – George April

WOLSELEY: –  Slegs ’n handjievol vroue het Vrydag by die Wolseley-landdroshof opgedaag vir die borgtog aansoek van Donevin de Goede (20), wat daarvan beskuldig word dat hy die 4-jarige Jade Mars wreed aangerand het.

Die saak is egter uitgestel tot Donderdag, 4 September 2025.  Volgens ’n CCN-kontak persoon in Wolseley was dit ’n landdros van ’n ander dorp wat die verrigtinge behartig het.  Of dit die rede vir die uitstel was, kon egter nie bevestig word nie.

Inwoners wat wel opgedaag het, het hul teleurstelling uitgespreek oor die swak opkoms.  “Mense kla oor die misdaad wat so hoog is, maar wanneer hulle die kans kry om op te staan, dan skitter die gemeenskap in hul afwesigheid.  Dié kind kon sy lewe verloor het, en wie weet of dit wel die eerste keer was,  dat hy só aangerand was,?” het diè  vrou onsteld aan CCN gesê.

Volgens haar was daar ook petisies opgestel om borgtog teen te staan, maar sy is onseker of dit enige effek sal hê. “Dit voel soms of uitlanders meer beskerming kry in hierdie land, as ons eie kinders,” het sy gefrustreerd bygevoeg.

Die Wolseley-gemeenskap staan nou voor ’n belangrike toets: of hulle die hof sal volmaak en ’n sterk boodskap sal stuur wanneer die saak weer op die rol kom.  Of as hulle soos Vrydag,  sal wegbly  en toelaat dat die lae opkoms die stryd teen kindermishandeling sal verswak.

Foto’s – verskaf.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: School Caregiver Arrested After Sexual Assault
Next Post: One Dead, Several Injured in Weekend Shootings ❯

You may also like

Community
SMS COMPETITION – LAST FEW DAY’S…!
February 5, 2026
Community
Western Cape Police Make Multiple Arrests
December 24, 2025
Community
Onskuldige 15-Jarige Skoolmeisie Gisteraand Doodgeskiet
June 8, 2026
Community
Wesbank Firearm Recovery & Arrest
June 30, 2025

Recent Posts

  • Elsies River Police Recover Firearm
  •  From the Streets of Mitchell’s Plain to the Rugby Fields of Tomorrow
  • Resilience in the Flats
  • Arrestasie ná dodelike Malmesbury skietery
  • Persoonlike Vertellinge –

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown