Verslaggewer – George April
WOLSELEY:- Die oë van die Wolseley-gemeenskap is vandag op die plaaslike landdroshof gevestig waar Donevin de Goede (20) weer verskyn in verband met die wrede aanranding van die 4-jarige Jade Mars.
Die hof gaan beslis oor De Goede se borgtogaansoek, en inwoners sê hulle sal nie toelaat dat ’n beskuldigde in só ’n ernstige saak weer op die strate vry rondloop nie. Gemeenskapslede het die afgelope week ’n petisie teen borg ingedien en roep vandag in een stem: “Geen borgtog vir kindermishandelaars nie!”
Een inwoner het gesê: “Jade het nie ’n stem om vir haarself te veg nie, daarom moet ons as gemeenskap haar stem wees. Ons kinders moet beskerm word.”
’n Ander inwoner het bygevoeg: “Mense praat baie oor misdaad, maar dit is tyd om op te staan en fisies te wys ons gaan dit nie meer duld nie.”
Die oproep is duidelik – Wolseley verwag groot getalle by die hof om ’n boodskap te stuur dat kinders se lewens nie geringgeskat kan word nie.
- Datum: Dinsdag, 9 September 2025
Plek: Wolseley Landdroshof
Tyd: 09:00
Met kerslig, plakkate en hul stemme sê Wolseley vandag saam:
Geregtigheid vir Little Jade Mars
Geen borgtog vir kindermisbruikers nie
#JusticeForJadeMars #GeenBorg #StopGBV #BeskermOnsKinders

